Perdagtige wildsbokke (Hippotraginae) is 'n subfamilie in die familie van Horingdraers (Bovidae). Die wildsbokke kom meestal in die droër streke van Afrika en Arabië voor. Hulle is almal groot, met swaar bolywe en dik nekke. Hulle tande is vir die kou van harde, droë grasse aangepas. Die meeste spesies het regopstaande maanhare op die nek en lae rug.

Taksonomie Subfamilie Hippotraginae Genus Hippotragus Bastergemsbok, Hippotragus equinus Swartwitpens, Hippotragus niger Reuse-swartwitpens, Hippotragus niger varani Bloubok, Hippotragus leucophaeus (uitgesterf) Genus Oryx Beisa-oryx, Oryx beisa Sabelgemsbok, Oryx dammah Gemsbok, Oryx gazella Arabiese gemsbok, Oryx leucoryx Genus Addax Addax nasomaculatus''

Eksterne skakels

Kategorie:Wildsbokke