Drenthe (Nedersaksies: Drenthe of Drentie) is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die noordooste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 507 000 in 2025 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 2 680 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 192 inwoners per km² land. Die hoofstad is Assen en die grootste stad is Emmen.

Drenthe grens in die suide aan Overijssel, in die weste aan Friesland, in die noorde aan Groningen, en in die ooste aan Nedersakse (Duitsland).

In die provinsie word naas Nederlands ook Drents, Gronings, Sallands en Stellingwerfs gepraat, dialekte van die Nedersaksiese taal.

Drenthe het baie bosse, heide- en veengebiede. Byna al die hunebedde lê in die provinsie. Van die noorde tot die suidooste loop die Hondsrug, 'n glooiing in die landskap; die hoogste punt word gevind by die stad Emmen en meet 26,5 meter.

Op 29 Junie 1904 is twee veenlyke, nou bekend as die Paar van Weerdinge, hiernaby gevind.

Inwoners Inwoners sedert 1850:Bevolkingsatlas van Nederland; demografische ontwikkelingen van 1850 tot heden, StatLine

1850 — 83 000 1900 — 149 000 1950 — 281 000 2000 — 470 000 2025 — 507 000

Munisipaliteite Drenthe bestaan sedert 1998 uit 12 munisipaliteite.

Kaart van munisipaliteite 500px

Munisipaliteite Drentse naam Inwoners (2025) Inwoners per munisipaliteit, AlleCijfers Opmerkinge Aa en Hunze Aa en Hunze 26 000 Hondsrug Drenthe Assen Assen 70 000 Kop van Drenthe Borger-Odoorn Börger-Oring 26 000 Hondsrug Drenthe Coevorden Coevern 36 000 Hondsrug Drenthe De Wolden De Wolden 25 000 Suidwes-Drenthe Emmen Emmen 110 000 Hondsrug Drenthe Hoogeveen 't Ogeveine 57 000 Suidwes-Drenthe Meppel Möppelt 36 000 Suidwes-Drenthe Midden-Drenthe Midden-Drenthe 34 000 Suidwes-Drenthe Noordenveld Noordenveld 32 000 Kop van Drenthe Tynaarlo Tynaorl 35 000 Kop van Drenthe Westerveld Westerveld 20 000 Suidwes-Drenthe

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf Drenthe, Plaatsengids