Flevoland is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die sentrum geleë. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 456 000 in 2025 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 2 412 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 324 inwoners per km² land. Die hoofstad is Lelystad (vernoem na die vader van die Flevoland-projek, Cornelis Lely) en die grootste stad is Almere. Flevoland is op 1 Januarie 1986 amptelik as provinsie erken en lê omtrent 5 meter onder seevlak. Die Flevopolder is die grootste kunsmatige eiland in die wêreld.

Flevoland grens in die suidweste aan Utrecht en Noord-Holland, in die weste aan die Ysselmeer, in die noorde aan Friesland, in die noordooste aan Overijssel en in die suidooste aan Gelderland.

In die provinsie word naas Nederlands op Urk ook Urkers gepraat, wat is 'n dialek van die Nedersaksiese taal.

Inwoners Inwoners sedert 1986:Bevolkingsatlas van Nederland; demografische ontwikkelingen van 1850 tot heden, StatLine

1986 — 177 000 2000 — 317 000 2025 — 456 000

Munisipaliteite Flevoland bestaan uit 6 munisipaliteite:

Kaart van munisipaliteite 300px Munisipaliteite Inwoners (2025) Inwoners per munisipaliteit, AlleCijfers Opmerkinge Almere 230 000 Flevopolder Dronten 45 000 Flevopolder Lelystad 85 000 Flevopolder Noordoostpolder 51 000 Noordoostpolder Urk 22 000 voormalige eiland Zeewolde 24 000 Flevopolder

Verwsyings

Eksterne skakels Amptelike webwerf Flevoland, Plaatsengids