Groningen (Gronings: Grönnen of Grunnen; Wes-Fries: Grinslân) is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die noordooste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van 603 000 in 2025 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 2 955 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 260 inwoners per km² land. Die hoofstad en grootste stad is Groningen.

Groningen grens in die suide aan Drenthe, in die weste aan Friesland, in die noorde aan die Noordsee en in die ooste aan Nedersakse (Duitsland).

In die provinsie word naas Nederlands ook Gronings gepraat, 'n dialek van die Nedersaksiese taal.

Aardgas In 1959 is in Groningen aardgas by Slochteren ontdek.

Inwoners Inwoners sedert 1850:Bevolkingsatlas van Nederland; demografische ontwikkelingen van 1850 tot heden, StatLine

1850 — 185 000 1900 — 296 000 1950 — 460 000 2000 — 563 000 2025 — 603 000

Munisipaliteite Groningen bestaan sedert 2021 uit 10 munisipaliteite:

Kaart van munisipaliteite 500px

Munisipaliteite Groningse naam Inwoners (2025) Inwoners per munisipaliteit, AlleCijfers Opmerkinge Eemsdelta Emsdelta 45 000 Groningen Grunnen / Stad 244 000 Het Hogeland t Hoogelaand 48 000 Midden-Groningen Midden-Grunnen 61 000 Oldambt Oldambt 40 000 Pekela De Pekel 12 000 Veenkolonies Stadskanaal Knoal 32 000 Veenkolonies Veendam Veendaam 28 000 Veenkolonies Westerkwartier Westerkertier 65 000 Westerwolde Westerwoolde 27 000

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf Groningen (provincie), Plaatsengids