300px|thumb|Markelose Berg

Overijssel (letterlik in Afrikaans: Ooryssel, Sallands/Twents: Oaveriessel, Stellingwerfs: Overiessel) is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die ooste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 196 000 in 2025 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 3 421 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 361 inwoners per km² land. Die hoofstad is Zwolle en die grootste stad is Enschede. Andere groot stede is: Almelo, Deventer, Hengelo, Kampen en Zwolle.

Overijssel grens in die suide aan Gelderland, in die weste aan Flevoland, in die noorde aan Friesland en Drenthe en in die ooste aan die Duitse deelstate Nedersakse en Noordryn-Wesfale.

Overijssel bestaan uit drie kultuurhistoriese streke:Berekening van die streke se inwoners: die inwoners van die munisipaliteite Hellendoorn, Rijssen-Holten en Twenterand gelyk verdeel oor Salland en Twente. Die inwoners van die nedersetting Zwartsluis (ongeveer 5 000 in 2023) van die Zwartewaterland-munisipaliteit bygevoeg aan die Kop van Overijssel. Twente, in die ooste van Overijssel. Hier woon die meeste mense en lê die ekonomiese middelpunt met stede soos Enschede, Hengelo en Almelo. Hier woon ongeveer 584 000 mense (2023). Salland, in die weste van Overijssel. Die oorspronklik magtigste streek, met ou Hansestede soos Zwolle, Deventer en Kampen. Hier woon ongeveer 551 000 mense (2023). Kop van Overijssel, in die noord-weste van Overijssel. Giethoorn is die bekendste dorp hier. Hier woon ongeveer 50 000 mense (2023).

Inwoners Inwoners sedert 1850:Bevolkingsatlas van Nederland; demografische ontwikkelingen van 1850 tot heden, StatLine

1850 — 216 000 1900 — 336 000 1950 — 670 000 2000 — 1 078 000 2025 — 1 196 000

Munisipaliteite Overijssel bestaan sedert 2005 uit 25 munisipaliteite:

Kaart van munisipaliteite 500px

Munisipaliteite Inwoners (2025) Inwoners per munisipaliteit, AlleCijfers Opmerkinge Almelo 75 000 Twente Borne 25 000 Twente Dalfsen 30 000 Salland Deventer 104 000 Salland Dinkelland 27 000 Twente Enschede 162 000 Twente Haaksbergen 24 000 Twente Hardenberg 63 000 Salland Hellendoorn 36 000 Salland, Twente Hengelo 84 000 Twente Hof van Twente 36 000 Twente Kampen 57 000 Kop van Overijssel, Salland Losser 23 000 Twente Oldenzaal 32 000 Twente Olst-Wijhe 19 000 Salland Ommen 19 000 Salland Raalte 39 000 Salland Rijssen-Holten 39 000 Twente, Salland Staphorst 18 000 Kop van Overijssel, Salland Steenwijkerland 46 000 Kop van Overijssel Tubbergen 22 000 Twente Twenterand 34 000 Twente, Salland Wierden 25 000 Twente Zwartewaterland 24 000 Kop van Overijssel, Salland Zwolle 134 000 Salland

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf Overijssel, Plaatsengids