Friesland (Wes-Fries en amptelike naam: Fryslân)Die amptelike naam van die provinsie is volgens 'n besluit van die Nederlandse Departement van Binnelandse Sake, wat in November 2004 geneem is. is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die noorde geleë.
Die provinsie het 'n bevolking van sowat 664 000 in 2025 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 5 753 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 199 inwoners per km² land. Die hoofstad en grootste stad is Leeuwarden (Ljouwert in Wes-Fries).
Alle bewoonde Wes-Friese eilande, met uitsondering van Texel, val administratief onder die provinsie. Sy ligging tussen die Ysselmeer in die weste en die provinsie Groningen in die ooste maak van Friesland die tweede mees noordelike provinsie van Nederland. Dit is die enigste provinsie wat naas Nederlands 'n tweede ampstaal het - Wes-Fries wat, ondanks sy noue verwantskap met Nederlands, as 'n selfstandige taal erken word. Die meeste sprekers van Wes-Fries is egter ook Nederlands magtig.
Landbou en toerisme op die mere en eilande in die Waddesee is belangrike bronne van inkomste. Die provinsie is ook bekend vir sy ysskaatsers en die Elfstedentocht, 'n ysskaats-resies van 200 kilometer wat na die historiese elf stede van Friesland vernoem is.
Inwoners Inwoners sedert 1850:Bevolkingsatlas van Nederland; demografische ontwikkelingen van 1850 tot heden, StatLine
1850 — 248 000 1900 — 345 000 1950 — 465 000 2000 — 625 000 2025 — 664 000
Munisipaliteite Friesland (Fryslân) bestaan sedert 2019 uit 18 munisipaliteite:
Kaart van munisipaliteite 500px
Munisipaliteite Friese naam Inwoners (2025) Inwoners per munisipaliteit, AlleCijfers Opmerkinge Achtkarspelen Achtkarspelen 28 000 Ameland It Amelân 4 000 eiland Dantumadeel Dantumadiel ¹ 19 000 De Friese Meren De Fryske Marren ¹ 52 000 Harlingen Harns 16 000 Heerenveen It Hearrenfean 52 000 Leeuwarden Ljouwert 130 000 Noordoost-Friesland Noardeast-Fryslân ¹ 46 000 Ooststellingwerf Eaststellingwerf 26 000 Stellingwerven Opsterland Opsterlân 30 000 Schiermonnikoog Skiermûntseach 1 000 eiland Smallingerland Smellingerlân 57 000 Terschelling Skylge 5 000 eiland Tietjerksteradeel Tytsjerksteradiel ¹ 33 000 Vlieland Flylân 1 000 eiland Wadhoek Waadhoeke ¹ 47 000 Weststellingwerf Weststellingwerf 27 000 Stellingwerven Zuidwest-Friesland Súdwest-Fryslân ¹ 91 000
¹ Friese naam is amptelike naam
Verwsyings
Eksterne skakels Amptelike webwerf Fryslân, Plaatsengids