Die Suid-Afrikaanse Klas 7B 4-8-0 van 1900 is 'n Suid-Afrikaanse stoomlokomotief van die voor-Unie era in die Transvaal.
In 1900 het die Imperiale Militêre Spoorweë vyf-en-twintig Kaapse 7de Klas 4-8-0 Mastodon-tipe stoomlokomotiewe in diens geplaas. In dieselfde jaar, is drie Kaapse 7de Klas lokomotiewe wat deur die Pretoria-Pietersburg Spoorweg bestel is, ook in diens geplaas. Al hierdie lokomotiewe is op die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë se rooster geplaas aan die einde van die Tweede Vryheidsoorlog in 1902. In 1906 is drie van hierdie lokomotiewe aan die Natalse Regeringspoorweë verkoop.
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine