Sir Bernard Oppenheimer (1866 - 13 Junie 1921) was 'n mynmagnaat en die broer van sir Ernest Oppenheimer. Hy is in Duitsland gebore en kom as 'n jong man in Kimberley aan. Hy word 'n suksesvolle diamantkoper en aandelemakelaar. Hy keer na Engeland. Hy word bekend met sy ambisieuse maar onsuksesvolle poging om na die Eerste Wêreldoorlog diamantslypwerke in Brighton, Cambridge, Durham en Fort William op te rig. Die doel was om werk te verskaf aan verminkte oudsoldate. Hy is oorlede in 1921.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Kategorie:Britse entrepreneurs Kategorie:Duitse Jode Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Suid-Afrikaanse filantrope Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Duitsland Kategorie:Suid-Afrikaanse Jode Kategorie:Kimberley Kategorie:Geboortes in 1866 Kategorie:Sterftes in 1921