Anglo American Korporasie van Suid-Afrika Beperk is 'n mynmaatskappy wat op 25 September 1917 deur sir Ernest Oppenheimer gestig is met 'n aanvangskapitaal van £ 1 000 000. Die naam dui daarop dat Amerikaanse firmas ook betrokke was tydens die stigting van die maatskappy. Die onmiddellike doelwit was om nuwe goudmyne aan die Oos-Rand te ontwikkel, maar dit het vinnig na die diamantbedryf uitgebrei. Die maatskappy word ook gou bedrywig in die koperstreek in Zambië en ook in die Suid-Afrikaanse steenkoolbedryf. Dit het betreklik vinnig tot een van die grootste myngroepe in Afrika ontwikkel.
Verwysings
Bronnelys Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Kategorie:Britse maatskappye Kategorie:JSE-genoteerde maatskappye