Eendag vir Altyd is 'n Afrikaanse rolprent van 94 minute wat op 8 Februarie 1985 vrygestel is. Die rolprent is deur Tonie van der Merwe vervaardig, Chris du Toit was die regisseur.

Hoofrolspelers Alwyn van der Merwe as Hein Malan Brümilda van Rensburg as Tessa Lindemann Wanda van Zyl as Leoni Marais Gavin van den Berg as Ryno Retief Patrick Mynhardt as Oom Jurie Eghard van der Hoven as Prof. Justus Marais Corrie Huyser as Cecilia Marais Christine Basson as Maggie Tilana Hanekom as Mev. Veenstra Anton Dekker as sersant Roets Abie Hattingh as maj. Burger Thys du Plooy as konstabel Van Wyk Christo Loots as verkeerskonstabel Chris du Toit as verslaggewer Nic de Jager as radio-nuusleser

Storielyn Hein en Ryno is mediese studente in hulle finale jaar wat vir dieselfde pos by die universiteit meeding. Hein raak in 'n motorongeluk betrokke en beskuldig Ryno valslik dat hy vir die ongeluk verantwoordelik is. In die paniek van die oomblik besluit Hein om op die vlug te slaan en sy vriendin besluit sy gaan saam. Die paartjie probeer telkens om 'n stap voor die polisie te bly.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Gruwelrolprente Kategorie:Misdaadrolprente