Die Rhodesiese Spoorweë 20ste klas, later Zambiese Spoorweë en Nasionale Spoorweë van Zimbabwe 20ste klasse, was een van die grootste en kragtigste stoomlokomotiewe in die Suidelike halfrond.
Met 61 lokomotiewe wat gebou is, is hulle die vierde grootste klas Garrattlokomotiewe ooit gebou - ná die Suid-Afrikaanse Spoorweë klas GMA, (120), die Rhodesiese Spoorweë 15de klas, (74) en die Suid-Afrikaanse Spoorweë klas GF (65).
Die 20ste Klas Garratt-stoomlokomotiewe is afgelewer van 1954 tot 1958. Slegs een maatskappy het die lokomotiewe gebou naamlik Beyer, Peacock and Company. Die lokomotief was toegerus met Walschaerts-klepratwerk.
Kategorie:Treine