Louis Krüger (1955-) is ’n Afrikaanse skrywer van jeugverhale en romans, wat onder meer die Eugène Marais-prys met sy skryfwerk verower het.Storiewerf: http://www.storiewerf.co.za/cvs/cv_louiskruger.htm

Lewe en werk

Vroeë lewe en herkoms Louis Krüger is op 25 Oktober 1955 op Upington gebore, waar hy grootword, skoolgaan en aan die Hoërskool Upington matrikuleer.

Opleiding en begin van loopbaan Hy behaal sy B.A.-graad in Filosofie en Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch en ondergaan daarna sy opleiding as NG predikant aan die Teologiese Kweekskool aan die Universiteit Stellenbosch.Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/kruegerl.html Hier is die bekende teoloog Nico Smith een van sy dosente. Gedurende sy universiteitsjare is hy saam met Etienne van Heerden betrokke by die letterkundige tydskrif Graffier en is hy ook lid van D.J. Opperman se beroemde Letterkundige Laboratorium. Op Stellenbosch trou hy met Quelene. Hy los in 1980 en 1981 af by ’n gemeente in Karoi in Zimbabwe. Na universiteit doen hy sy twee jaar verpligte militêre diensplig, waar hy dienspligkapelaan in Pretoria is en in 1982 is hy ook kapelaan in Okalongo in die destydse Suidwes-Afrika.

Na Nederland Wanneer hy van Nico Smith verneem dat daar ’n tekort aan predikante in Nederland is, verhuis hy en sy vrou in 1984 na die dorp Nieuwlande in die provinsie Drente op die Noord-Hollandse platteland, waar hy in Desember 1984 predikant word van ’n Gereformeerde gemeente. Hulle woon hier in die pastorie waar die bekende versetheld uit die Tweede Wêreldoorlog, Johannes Post, gebly het. Hulle seuns Regardt en Tjade word ook hier gebore. In Junie 1989 begin hy as leraar van die gemeente by Sliedrecht en vanaf Junie 1994 is hy skipperspredikant aan die Koningskerk Rotterdam-Feyenoord in Barendrecht in Nederland.Chroom Digitaal: http://translate.google.co.za/translate?hl=af&sl=nl&u=http://www.chroom.net/kruger/&ei=- SMVS7vFMaWsjAeMm4GFBg&sa=X&oi=translate&ct=result&resnum=2&ved=0CAsQ7gEwAQ&prev=/search%3Fq%3DLouis%2BKr%25C3%25BCger%26hl%3Daf

Sendingwerk Met ’n groep uit sy gemeente besoek hy elke jaar die noordelike deel van Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe om daar sosiale werk te verrig, soos die bou van ’n hospitaal in die destydse Venda. Met sy gesin besoek hy ook verskeie lande van Europa soos Frankryk en Spanje en met die skippers uit sy gemeente vaar hy graag saam op die breë riviere van Wes- en Midde-Europa.http://www.stellenboschwriters.com/kruegerl.html

Skryfwerk Louis Krüger is 'n bekroonde Afrikaanse skrywer. Krüger se eerste roman, Die skerpskutter is in 1982 met die Eugene Maraisprys bekroon. In 1985 ontvang hy die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) vir Donkerboskind.Skryf is 'n oerkreet, sê Louis Krüger, Beeld, 6 Februarie 1992

Verskeie van sy boeke is na Nederlands vertaal. Sy roman, Wederkoms (Human & Rousseau) is deur die Christelijk Literair Overleg (CLO) in Nederland as een van die 15 beste Christelike boeke van die afgelope 15 jaar aangewys.SA skrywer se roman geniet erkenning oorsee, besoek op 25 Oktober 2014 In 1995 was hy een van agt draaiboekskrywers van ’n Nederlandse TV-reeks, De laatste carrière.

Prosa vir volwassenes

Kortverhale en ander skryfwerk Hy begin reeds op skool skryf en in sy voorlaaste skooljaar skryf hy ’n novelle en ook ’n roman oor die Anglo-Boereoorlog. Op universiteit skryf hy ’n aantal kortverhale, waarvan sommige in letterkundige tydskrifte (insluitende Standpunte en Tydskrif vir Letterkunde) en Die Huisgenoot gepubliseer word. Van sy kortverhale word in versamelbundels soos Blommetjie gedenk aan my (onder redaksie van Hennie Aucamp) en Skepping en struktuur (onder redaksie van P.J. du Toit) opgeneem. ’n Huis vir die sterwendes word deur Hennie Aucamp in die versamelbundel Sewe sondes, nee meer opgeneem. Hierdie kortverhaal het oorspronklik in Nederlandse vertaling in die Christelike tydskrif Woordwerk van Julie 1987 verskyn. Die verhaal Middagbesoek verskyn in 1993 in Duitse vertaling onder die titel Besuch am Nachmittag.

Geen ander skrywer in Afrikaans verteenwoordig in dieselfde mate as Louis Krüger sowel die wêreld van Suid-Afrika as die Nederlande nie, hoewel sy romans in die meeste gevalle op Suid-Afrikaanse bodem afspeel of ’n spesifieke Suid-Afrikaanse kleur bevat. Hy het deel van Nederland geword sonder om sy gevoelsmatige en intellektuele bande met Suid-Afrika te verloor. In onderhoude beklemtoon hy dan ook voortdurend sy blywende verbondenheid met Suid-Afrika. Soos Elisabeth Eybers met haar tussentaal het hy ’n tussenmens geword. In 1993 word hy gekies om te help skryf aan die Nederlandse TV-reeks De laatste carrière vir die televisie-organisasie Evangelische Omroep. Die reeks handel oor die probleme verbonde aan iemand wat met vervroegde pensioen gaan, of ’n werknemer wat afgedank word.Keyser, Gawie. Nuwe TV-fase vir Louis Krüger. Die Burger, 6 Maart 1993 Baie van sy boeke word deur Riet de Jong-Goossens in Nederlands vertaal en hy vertaal self Herinnering aan Agnes in Nederlands, waarna hy Wederkomst direk in Nederlands skryf en dit eers veel later in Afrikaans vertaal.

Romans Die hooftema van sy werk is geweld, wat hy verafsku.Schoombee, Pieter. Geweld-skrywer (dominee!) pak geweld in Kerk. Rapport, 17 Maart 1985 In sy eerste boeke gaan dit meer om oorlogsgeweld (soos Die skerpskutter en ’n Basis oorkant die grens), maar in Herinnering aan Agnes word ook die meer subtiele tema van geweld in gesinsverband betrek. Die verhouding tussen man en vrou, en veral seks, word baie keer gesien as simbolies van geweld en die uitoefening van mag. Kinders speel ook ’n deurslaggewende rol, met geweld teenoor kinders en vroue wat gesien kan word as aanduidend van ’n mensdom wat sy morele kompas verloor het. Baie van die kinderkarakters kry dan ook met onhoudbare pyn en lyding te doen weens die vergrype van die bewindhebbers in die staat of huishouding. Die vernietigingskrag van geweld word telkens geïllustreer deurdat geweld slegs lei tot meer geweld en eindelik die mens en sy siel verwoes, ongeag wat die motivering was wat tot die aanvanklike geweld gelei het. Telkens beeld hy die lewe in sy harde werklikheid uit, wat ver verwyder is van die vooroordeel dat die Christelike boodskap positiewe waardes moet verkondig. Dit is egter juis die lewenskragtige uitbeelding van die realiteit in sy werk wat die voortdurende stryd wat die Christen in die lewe voer, geloofwaardig maak. Sy werk is dus die soeke na egte liefde en sin wat onderliggend is aan die lewe op aarde – en hierdie soeke geskied te midde van swaarkry, boosheid en geweld, soos ook uitgebeeld in baie van die gebeure wat in die Bybel beskryf word.

Die skerpskutterOlivier, Gerrit. Standpunte. Nuwe reeks 159, Junie 1982 word geplaas in Belfast in Noord-Ierland teen die agtergrond vanSmuts, J.P. Burgerband. Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe 1985 die Ierse Republikeinse Leër se terrorismestryd om vryheid, wat hom binne die burgeroorlog tussen Protestantse en Katolieke uitwoed.Wahl, Gideon. Die Transvaler, 21 Desember 1981 Die wêreld van die spanningsverhaal word hierin versoen met ’n dieper verkenning van die jong hoofkarakter, Malcolm Owens, skerpskutter van die Ierse Republikeinse Leër, wat veg vir vryheid en dan self slagoffer word van geweld. In sy fisiese stryd teen die vyand se magte probeer hy ook om sy persoonlike problematiek te verwerk. Die grimmige en genadelose wêreld waarin hy en die ander mense lewe word met indrukwekkende woordekonomie beskryf. Ander faktore wat bydra om die beklemming wat geweld meebring te aksentueer, is die ongure weersomstandighede, die rampspoedige voorvalle en die uitsigloosheid van persoonlike verhoudings.Wahl, Gideon. Die Transvaler. 21 Desember 1981 Die Eugène Maraisprys word in 1982 aan Die skerpskutter toegeken.Nienaber, C.J.M. By oorhandiging van Eugène Marais-prys aan Louis Krüger vir ‘Die skerpskutter’ op 24 Junie 1982. Tydskrif vir Letterkunde. Nuwe reeks 20 no. 3, Augustus1982

’n Basis oorkant die grensBrink, André P. Rapport, 25 November 1984 handel oor sewe soldate wat ’n ammunisie-opslagplek oorkant die grens tussenSmuts, J.P. Burgerband. Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe 1985 Rhodesië en Mosambiek moet uitwis. Hulle leier, Stanley, word vroeg reeds geskiet en die oorblywendes besluit nie net om steeds hulle opdrag uit te voer nie, maar ook om Stanley se lyk terug te neem. Hulle dra dan die lyk vir langer as ’n week saam met hulle terug oor die grens. Die ander ses is die vreesbevange radio-operateur Rot, die armoedige Jinx, die tolk N’Tembi, die swygsame Grog, die gelowige Louch wat veg teen ’n groeiende waansin, en Konrad wie se besetenheid met vernietiging gevoed word deur sy diep wrok nadat sy ouers deur swart mense vermoor is. Die spanning word deurentyd goed volgehou, met die hoogtepunt die aanval op die basis. Ongewoon is die gebruik van die reeds gestorwe Stanley as verteller, wat oor sy eie dood en die lotgevalle en emosies van sy makkers verslag doen. Sy reeds gestorwe status plaas sy bestaan in ’n ander dimensie, waardeur hy die kennis en status van die alwetende verteller verkry. Die roman ondersoek veral die onlogiese waansin en wreedheid van oorlog soos weergegee in die gedagtes van die bosvegters. Die sielkundige tol wat die geweld eis is groot. Die veelvuldige betekenisse van die woord grens in die titel word in die roman op verskeie maniere weergegee. Daar is die fisiese grens tussen lande, die grens tussen lewe en dood en ook die grense van beskawing en normaliteit wat aan die bod kom.Smuts, J.P. Burgerband. Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe 1985 In 1985 is ’n Basis oorkant die grens ’n naaswenner van die ATKV-prys, terwyl dit in 1986 weer op die kortlys is vir dieselfde prys. Hierdie boek word ook per geleentheid voorgeskryf vir ’n kursus in Afrikaanse letterkunde aan die Vrije Universiteit van Amsterdam.

Gevaarlike landJohl, Johann. Rapport, 10 Maart 1991 speel iewers in die toekoms af. Die Nederlander Evert Scheepers is in Suid-Afrika gebore. Hy is nou terug in Suid-Afrika om as sluipskutter vir generaal Frederik Landman, leier van die regse militêre junta, dood te maak. Hierna moet hy ’n nuwe demokratiese blanke nedersetting vestig. Onderweg vind hy egter uit dat die geskiedenis nie maklik veranderbaar is nie en wanneer hy die verlede trotseer raak hy toenemend betrokke in ’n stryd binne homself. Die netwerk van verhoudings waarin hy betrokke is, word ondersoek, met sy pa wat ’n sentrale rol speel. Die psigose van geweld is weereens onderliggend aan hierdie roman, met die boodskap dat geweldenaars slagoffers word van geweld, selfs as hulle dit wil gebruik om groter geweld en boosheid daarmee te beveg. Geweld neem besit van die innerlike van die mens.