Norman Simons, soms ook bekend as Avzal, is ’n Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar en verkragter wat in 1995 aan een moord en ontvoering skuldig bevind is: dié van die 10-jarige Elroy van Rooy van die Strand, Wes-Kaap. Hy is tot 35 jaar tronkstraf gevonnis (25 jaar vir moord en 10 jaar vir ontvoering).iol : Revisiting the Station Strangler Cases. Hy is ook bekend as die Stasiemoordenaar.

Biografie Simons was intelligent, het klassieke musiek gespeel en sewe tale gepraat, benewens Engels en Afrikaans ook Xhosa en Frans.Serial Killer Crime Index. Hy was ’n graad 5-onderwyser in Mitchells Plain. Sy slagoffers was almal jong seuns tussen 9 en 13 jaar oud.

Daar word geglo Simons het sy sporadiese moorde in September 1986 begin. Hy is nege jaar later, in April 1995, aangekeer. Hy het sy bynaam gekry toe dit duidelik word hy het sy slagoffers van treinstasies af weggelok, nes die Sowjet-reeksmoordenaar die "Slagter van Rostof".

Simons het sy slagoffers verkrag en gesodomiseer voordat hy hulle verwurg het. Hulle is in vlak grafte gevind met hul gesig na onder en hul arms agter hul rug vasgemaak. Hul onderklere was soms om hul nek; dit is vermoedelik gebruik as ’n knelverband. Handgeskrewe notas is ook langs die lyke gevind. Dit lyk of Simons se verhouding met sy ouer stiefbroer ’n groot invloed op sy optrede gehad het. Simons het beweer sy broer het hom verkrag en gesodomiseer toe hy jonk was. Hy het ook gesê hy "hoor stemme" van sy broer wat hom opdrag gee om te moor. Die broer, ’n alkoholis en Rastafariër, is in 1991 vermoor.

Simons is aangekla van net een moord en ontvoering. Sy hofsaak het drie maande geduur, waarna hy skuldig bevind en gevonnis is. Hy het in 1998 appèl aangeteken teen sy vonnis, maar dit het nie geslaag nie.

In 2005 is ’n geregtelike ondersoek begin na die dood van die ander slagoffers. Drie jaar later was daar nog geen antwoorde nie. Streekslanddros Marelize Rolle het op 9 Desember 2008 gesê sy glo prima facie-getuienis wys Simons was moontlik vir nog minstens ses van die ander moorde verantwoordelik. Omdat so ’n lang tyd verloop het, is hy nie daarvoor vervolg nie.Cape Argus : No further prosecutions for Simons.

Norman Simons het hom in 1993 tot die Islam bekeer en die naam Avzal aangeneem, maar in 1994 weer ’n Christen geword.Pistorious, M. 2005. Profiling Serial Killers and other crimes in South Africa. Penguin Books, South Africa. page 170.

Vrylating Simons is in Julie 2023 op parool vrygelaat en is in November 2023 vrygelaat, tot die ontsteltenis van die Parow-gemeenskap. Die voorsitter van die Parow-gemeenskapspolisieforum, wat deel was van gereelde vergaderings voor Simon se vrylating, het egter gesê dat hy hom goed gedra het en sy paroolvoorwaardes nagekom het. Hy is onder huisarres en word 24/7 deur 'n versorger gemonitor en word vir 'n mediese toestand behandel. Hy het ook gereelde vergaderings met die Departement van Korrektiewe Dienste.

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Suid-Afrikaanse pedofiele Kategorie:Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars Kategorie:Suid-Afrikaanse verkragters Kategorie:Lewende mense