Stewart Wilken, ook bekend as Boetie Boer (geb. 11 November 1966), is ’n veroordeelde Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar. Hy word beskou as ’n uiters ongewone reeksmoordenaar omdat hy twee verskillende groepe mense vermoor het: vroulike prostitute en jong seuns. Hy het ook sy eie dogter en stiefseun vermoor.
Wilken het in 1990 begin moor. Hy is in Januarie 1997 aangekeer. Hy was in Port Elizabeth aktief.
Hy is op 3 Februarie 1997 aangekla van 10 moorde en 5 aanklagte van sodomie. Hy is op 20 Februarie 1998 skuldig bevind aan sewe moorde en 2 aanklagte van sodomie. Hy is tot sewe keer lewenslange tronkstraf gevonnis. Volgens regter Chris Jansen sou hy die doodstraf gekry het as dit nog in Suid-Afrika geldig was.
Wilken het sy eie adolessente dogter, Wuane, uit sy eerste huwelik vermoor. Hy het gesê haar stiefpa het haar seksueel gemolesteer en hy wou haar siel na God toe stuur. Hy het ook die seun van sy tweede vrou, Henry Bakers, vermoor. Hy het vir die polisie gesê hy het seks met Henry se ontbindende lyk gehad. Hy het ook beweer hy het een van sy slagoffers se tepels geëet.
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars
Verwysings
Eksterne skakels truTV.com 15px Hierdie artikel is merendeels vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars Kategorie:Geboortes in 1966 Kategorie:Lewende mense