Die Klas 12 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë in die vorige eeu gebruik is.

Tussen April 1912 en 1922 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë altesaam ses-en-veertig Klas 12 stoomlokomotiewe met 'n 4-8-2 "Mountain"-tipe wielrangskikking in goederediens geplaas.

Diens in die Suid-Afrikaanse Spoorweë

Die Klas 12 is ontwerp vir steenkoolvervoer op die lyn van Witbank na Germiston. Met hulle bekendstelling was hulle die grootste nie-geartikuleerde lokomotiewe in Suid-Afrika, asook op spoorweë van minder as 1.435 meter wyd, waarskynlik in die wêreld. Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910-1955 (1ste uitg.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 20–21. .

Hulle blyk die suksesvolste te wees in die diens waarvoor hulle ontwerp is - die hanteer van 1 400-tonvragte op 'n heen-en-weer reis binne een dag. Hul vergelyk goed met die 2-6-6-0 en 2-6-6-2 Malletlokomotiewe wat, hoewel hulle 1 600 ton kon hanteer, nie 'n heen-en-weer tog in een dag kon maak nie.

Hulle is ook gebruik rondom Ladysmith in Natal. In die 1940's is die Natalse lokomotiewe verskuif na die Oranje Vrystaat. pp. 10–11, 54–56.

Teen 1970 is 'n paar lokomotiewe toegeken aan die Kaapse Middelandestelsel, gestasioneer by Sydenham in Port Elizabeth vir gebruik as dokrangeerders, en vir werfwerk op die New Brightonse rangeertrajekte. In die Oranje Vrystaat was sommige gestasioneer in Bloemfontein en op Bethlehem, almal in rangeerdiens. In die Transvaal is 'n groot aantal gebruik, gestasioneer te Springs, Germiston en Krugersdorp, ook hoofsaaklik vir rangeerwerk. Durrant, A E (1989). Twilight of South African Steam (1ste uitg.). Newton Abbott, Londen: David & Charles. pp. 59, 137. .

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine