Jack the Ripper is die bekendste van verskeie name wat aan ’n ongeïdentifiseerde reeksmoordenaar gegee is wat in 1888 hoofsaaklik in die arm Londense gebied Whitechapel bedrywig was. Die naam het ontstaan nadat die polisie ’n brief van iemand gekry het waarin die skrywer homself so genoem en beweer het hy is die moordenaar. Daar word algemeen geglo die brief was ’n siek grap, of dat dit deur ’n joernalis geskryf kon gewees het om belangstelling in die storie te verhoog. In misdaadlêers en koerante is hy aanvanklik "die Whitechapel-moordenaar" of "Leather Apron" genoem.

Aanvalle wat met Jack the Ripper verbind word, was gewoonlik op vroulike prostitute wat in die arm dele van Londen gewerk het. Hulle keel is afgesny voordat die onderlyf vermink is. Die feit dat inwendige organe uit minstens drie van die slagoffers verwyder is, het gelei tot voorstelle dat die moordenaar kennis van die menslike anatomie of chirurgie het. Vanweë die geweld van die moorde het die publiek dit al hoe meer verbind met een mens, wat hulle Jack the Ripper begin noem het.

Die groot dekking van die moorde in koerante het daartoe gelei dat hy ’n internasionale legende geword het. Hoewel 11 gewelddadige moorde tot in 1891 in Whitechapel gepleeg is, kon die polisie nie almal met mekaar verbind nie. Vyf slagoffers is tussen 31 Augustus en 9 November 1888 vermoor; hulle word die "kanonieke vyf" genoem en daar word geglo hulle moorde hou verband met mekaar. Hulle is: Mary Ann Nichols, Annie Chapman, Elizabeth Stride, Catherine Eddowes en Mary Jane Kelly.

Omdat die moorde nooit opgelos is nie, het die legendes oor Jack the Ripper ’n kombinasie geword van ware historiese navorsing, folklore en samesweringsteorieë. Daar is nou al meer as 100 teorieë oor die Ripper se identiteit en talle fiksiewerke oor die moorde.

Agtergrond In die middel van die 19de eeu was daar ’n groot toename in Ierse immigrante in Engeland wat die bevolking in dele van baie stede, onder meer die East End van Londen, geweldig opgestoot het. Van 1882 het Joodse pogrom-vlugtelinge uit die Russiese Ryk en ander dele van Oos-Europa ook na dié gebied gestroom.Kershen, Anne J., "The Immigrant Community of Whitechapel at the Time of the Jack the Ripper Murders", in Werner, pp. 65–97; Vaughan, Laura, "Mapping the East End Labyrinth", in Werner, p. 225 Werk- en behuisingstoestande het versleg en ’n groot ekonomiese subklas het ontwikkel.Life and Labour of the People in London (Londen: Macmillan, 1902–1903) (Die Charles Booth aanlyn argief) besoek op 5 Augustus 2008 Diefstal, geweld en alkoholmisbruik was algemeen en die armoede het baie vroue tot prostitusie gedryf. In Oktober 1888 is geskat dat daar 62 bordele en 1 200 prostitute in Whitechapel was.Evans and Skinner, Jack the Ripper: Letters from Hell, p. 1; Polisieverslag van 25 Oktober 1888, MEPO 3/141 ff. 158–163, aangehaal in Evans en Skinner, The Ultimate Jack the Ripper Sourcebook, p. 283; Fido, p. 82; Rumbelow, p. 12

Die ekonomiese probleme het gepaard gegaan met ’n toename in sosiale spanning. Tussen 1886 en 1889 het gereelde demonstrasies gelei tot polisieoptrede en verdere openbare onrus.Begg, Jack the Ripper: The Definitive History, pp. 131–149; Evans en Rumbelow, pp. 38–42; Rumbelow, pp. 21–22 Antisemitisme, misdaad, rassisme en armoede het mense laat glo Whitechapel is ’n berugte, immorele plek.Marriott, John, "The Imaginative Geography of the Whitechapel murders", in Werner, pp. 31–63 In 1888 is sulke idees versterk deur ’n reeks gewelddadige, groteske moorde wat toegeskryf is aan een man, wat Jack the Ripper genoem is, en dit het ongekende aandag in die media geniet.Haggard, Robert F. (1993), "Jack the Ripper As the Threat of Outcast London", Essays in History, vol. 35, Corcoran Department of History at the University of Virginia

Moorde duimnael|links|280px|Die plekke waar die eerste sewe Whitechapel-moorde gepleeg is. Die groot getal aanvalle op vroue in dié tyd in die East End maak dit moeilik om te bepaal hoeveel van die moorde een persoon se werk was.Woods and Baddeley, p. 20 Elf aparte moorde is tussen 3 April 1888 en 13 Februarie 1891 gepleeg, en hulle was saam in polisieverslae bekend as die Whitechapel-moorde.Cook, pp. 33–34; Evans and Skinner, The Ultimate Jack the Ripper Sourcebook, p. 3 Menings wissel oor hoeveel moorde die Ripper se werk was, maar vyf slagoffers, bekend as die "kanonieke vyf", se dood word in die algemeen aan hom toegeskryf.Cook, p. 151 Die meeste kenners meen diep snymerke aan die keel, verminkings van die onderlyf, die verwydering van interne organe en al hoe erger gesigsverminkings was Jack the Ripper se modus operandi. Die twee eerste Whitechapel-slagoffers, Emma Elizabeth Smith en Martha Tabram, maak nie deel van die "kanonieke vyf" uit nie.Evans and Rumbelow, pp. 47–55

Smith is op 3 April 1888 beroof en seksueel aangerand. ’n Stomp voorwerp is in haar vagina opgedruk en dit het haar buikvlies geskeur. Sy het buikvliesontsteking gekry en is die volgende dag in die hospitaal oorlede.Begg, Jack the Ripper: The Definitive History, pp. 27–28; Evans en Rumbelow, pp. 47–50; Evans en Skinner, The Ultimate Jack the Ripper Sourcebook, pp. 4–7 Sy het gesê twee of drie mans het haar aangeval van wie een ’n tiener was.Begg, Jack the Ripper: The Definitive History, p. 28; Evans en Skinner, The Ultimate Jack the Ripper Sourcebook, pp. 4–7 Die pers het die aanval met die latere moorde verbind, maar die meeste kenners beskou dit as ’n bendevoorval wat niks met die Ripper-saak te doen het nie.Begg, Jack the Ripper: The Definitive History, pp. 29–31; Evans en Rumbelow, pp. 47–50; Marriott, pp. 5–7

Tabram is op 7 Augustus 1888 vermoor; sy het 39 steekwonde gehad. Die geweld van die aanval, die gebrek aan ’n duidelike motief en die nabyheid aan die plek en datum van die ander moorde het daartoe gelei dat die polisie die moorde met mekaar verbind het.Evans en Rumbelow, pp. 51–55 Wat die aanval van die ander onderskei, is die feit dat sy gesteek is en nie keelaf gesny of in haar onderlyf vermink is nie. Baie kenners beskou dit dus as ’n afsonderlike geval.Evans en Rumbelow, pp. 51–55; Marriott, p. 13

"Kanonieke vyf" thumb|220px|'n Destydse polisietekening van die liggaam van Catherine Eddowes, soos dit op Mitreplein ontdek is. Die sogenaamde kanonieke vyf van Ripper se slagoffers was Mary Ann Nichols, Annie Chapman, Elizabeth Stride, Catherine Eddowes en Mary Jane Kelly. Nichols se lyk is op Vrydag 31 Augustus 1888 omstreeks 03:40 ontdek. Haar keel is met twee hale afgesny en haar onderlyf is deur ’n groot sny oopgekloof. Dieselfde mes het ander wonde aan die onderlyf toegedien.Evans en Rumbelow, pp. 60–61; Rumbelow, pp. 24–27

Chapman se lyk is op 8 September omstreeks 06:00 naby ’n deur in ’n agterplaas ontdek. Sy is ook met twee hale keelaf gesny.Rumbelow, p. 42 Haar onderlyf is heeltemal oopgekloof en later is ontdek haar baarmoeder is verwyder.Marriott, pp. 26–29; Rumbelow, p. 42 By die nadoodse ondersoek het een getuie gesê hy het Chapman omstreeks 05:30 saam met ’n slordige, donkerharige man gesien.Begg, Jack the Ripper: The Definitive History, p. 153; Cook, p. 163; Evans en Skinner, The Ultimate Jack the Ripper Sourcebook, p. 98; Marriott, pp. 59–75

Stride en Eddowes is vroeg die oggend van Sondag 30 September 1888 vermoor. Stride se lyk is omstreeks 01:00 ontdek. Die oorsaak van haar dood was ’n enkele sny wat die hoofslagaar aan die linkerkant van haar nek afgesny het. Dit is onseker of iemand anders haar vermoor het en of die Ripper versteur is terwyl hy die moord gepleeg het, want haar onderlyf is nie vermink nie.Cook, p. 157; Marriott, pp. 81–125 Getuies wat gedink het hulle het haar vroeër die aand saam met ’n man gesien, se beskrywings verskil; volgens sommige was die man donker en volgens ander lig; volgens sommige slordig en volgens ander netjies aangetrek.Begg, Jack the Ripper: The Definitive History, pp. 176–184

Eddowes se lyk is sowat ’n driekwartier later ontdek. Haar keel is afgesny en haar onderlyf oopgekloof. Haar linkernier en ’n groot deel van die baarmoeder is verwyder. ’n Plaaslike inwoner het iemand wat Eddowes kon gewees het, kort voor die moord saam met ’n slordige, ligte man gesien. Twee metgeselle kon nie sy beskrywing beaam nie.Begg, Jack the Ripper: The Definitive History, pp. 193–194; Chief Inspector Swanson's report, 6 November 1888, HO 144/221/A49301C, aangehaal in Evans en Skinner, pp. 185–188 ’n Deel van Eddowes se bebloede voorskoot is by die ingang van ’n perseel gevind, en bo dit was ’n graffito wat oënskynlik ’n Jood geïmpliseer het. Dit is egter onduidelik of dit toevallig is en of die moordenaar dit geskryf het.Cook, p. 143; Fido, pp. 47–52; Sugden, p. 254 Die kommissaris van polisie was bang die graffito kon antisemitiese betogings tot gevolg hê en het gelas dat dit voor dagbreek afgewas word.Brief van die kommissaris van polisie aan Godfrey Lushington, onderminister, 6 November 1888, HO 144/221/A49301C, aangehaal in Evans en Skinner, The Ultimate Jack the Ripper Sourcebook, pp. 183–184

duimnael|220px|links|Die amptelike polisiefoto van Mary Jane Kelly se moordtoneel. Kelly se verminkte liggaam is op Vrydag 9 November 1888 omstreeks 10:45 gevind op die bed van die enkelkamer waar sy gewoon het. Haar keel was heeltemal afgesny en feitlik al die organe is uit haar onderlyf verwyder. Haar hart was weg.Dr. Thomas Bond se noras, MEPO 3/3153 ff. 12-14, aangehaal in Sugden, pp. 315, 319

Die "kanonieke vyf" is in die nag vermoor, in of naby ’n naweek, en óf aan die einde van die maand óf binne ’n week daarna.Daily Telegraph, 10 November 1888, aangehaal in Evans en Skinner, The Ultimate Jack the Ripper Sourcebook, pp. 339–340 Die lyke is mettertyd al hoe meer vermink, buiten dié van Stride, maar iemand kon die moordenaar versteur het.Macnaghten se notas, aangehaal deur Evans en Skinner, The Ultimate Jack the Ripper Sourcebook, pp. 584–587; Fido, p. 98 Nichols se organe was nie weg nie; Chapman se baarmoeder is verwyder; Eddowes se baarmoeder en ’n nier is verwyder en haar gesig is vermink; en Kelly se ingewande is verwyder en haar gesig weggekap, hoewel net haar hart nie op die toneel gevind is nie.

Die idee dat dié vyf moorde deur dieselfde persoon gepleeg is, kom uit verslae van destyds wat die ander Whitechapel-moorde uitgesluit het.Cook, p. 151; Woods en Baddeley, p. 85 In 1894 het die hoof van die misdaadondersoekdepartement van die metropolitaanse polisie, sir Melville Macnaghten, in ’n verslag geskryf: "Die Whitechapel-moordenaar het vyf slagoffers gehad – net vyf slagoffers."Macnaghten se notas soos aangehaal deur Cook, p. 151; Evans en Skinner, The Ultimate Jack the Ripper Sourcebook, pp. 584–587 en Rumbelow, p. 140 ’n Polisiechirurg het op 10 November 1888 dieselfde mening gehuldig.

Hedendaagse navorsers verskil oor hoeveel van die moorde die Ripper se werk was. Die skrywers Stewart P. Evans en Donald Rumbelow beweer die "kanonieke vyf" is ’n mite en dat net drie moorde definitief deur die Ripper gepleeg is: dié van Nichols, Chapman en Eddowes; hulle is onseker oor Stride en Kelly, en nog meer oor Tabram.Evans en Rumbelow, p. 260

Ander glo die ses moorde tussen Tabram en Kelly was die Ripper se werk.

Latere Whitechapel-moorde Kelly word algemeen beskou as die Ripper se laaste slagoffer, en daar word aangeneem die moorde het opgehou vanweë die moordenaar se dood, arres, emigrasie of opname in ’n gestig. Die Whitechapel-dossier bevat egter nog vier moorde wat gepleeg is ná dié van die "kanonieke vyf": dié van Rose Mylett, Alice McKenzie, die Pinchinstraat-torso en Frances Coles.

Mylett is verwurg en haar lyk is op 20 Desember 1888 gevind. Omdat daar geen tekens van ’n bakleiery was nie, het die polisie geglo sy het óf haar per ongeluk opgehang terwyl sy dronk was óf selfmoord gepleeg. Die ondersoekjurie het egter bevind sy is vermoor.Evans en Rumbelow, pp. 245–246; Evans en Skinner, The Ultimate Jack the Ripper Sourcebook, pp. 422–439