230px Gaineswood

naby Demopolis, Marengo County, Alabama

Opgerig

Tussen 1843 en 1861

Boustyl

Griekse herlewing

Argitek

Nathan Bryan Whitfield

Webtuiste Gaineswood (nie-amptelik)Gaineswood is 'n plantasie- en herehuis in Demopolis, Alabama wat as een van die vernaamste voorbeelde van die Griekse herlewingsboukuns in dié deelstaat en selfs die hele Verenigde State beskou word.Henry Wienczek en Donna M. Lucey: National Geographic Guide to America's Great Houses. National Geographic Society 1999, bl. 156

Generaal Nathan Bryan Whitfield (1799-1868), 'n welvarende planter in Marengo County, het die herehuis met sy indrukwekkende buite-aansig en ryk versierde interieur self ontwerp, ofskoon hy geen formele opleiding as argitek gehad het nie, en, ná 'n boufase van byna twee dekades, in 1861 op die vooraand van die Amerikaanse Burgeroorlog voltooi.

Die bouwerk is hoofsaaklik deur slawe verrig van wie sommige uiters bekwame timmermans en pleisteraars was. Drie verskillende style van Griekse boukuns is in die plantasiehuis toegepas: die Doriese styl vir die buitefasade, die Ioniese styl vir die interieur en die Korinthiese styl vir die sitkamer.Rural Southwest Alabama: Gaineswood at Demopolis, AL

'n Groot deel van Gaineswood se oorspronklike meubilering asook verskeie uitvindings van sy bouheer het bewaar gebly. Die huis en omliggende terrein is tans in besit van die Deelstaat van Alabama en word deur die Alabama Historic Commission as 'n historiese huismuseum bestuur. Die herehuis is in 1972 by die National Register of Historic Places ingesluit en twee jaar later tot National Historic Landmark verklaar.Alabama Legacy Moments: Gaineswood. Besoek op 28 November 2018

Verwysings

Eksterne skakels Encyclopedia of Alabama: Gaineswood National Historic Landmark

Kategorie:Alabama Kategorie:Herehuise in die Verenigde State van Amerika