240px Hatfield House

naby Hatfield, Hertfordshire Engeland

Koördinate

Opgerig 1611

Boustyl Jacobeaans

Webtuiste Hatfield House Hatfield House is 'n country house in Hatfield, 'n nedersetting in die Engelse graafskap Hertfordshire. Die huidige Jacobeaanse herehuis, wat in 'n uitgestrekte park (die Groot Park) geleë is, is in 1611 opgerig deur Robert Cecil, die eerste graaf van Salisbury en hoofminister onder koning Jakobus I. Die huis dien sedertdien as die setel van die Cecil-familie.

Hatfield House word as 'n uitstekende voorbeeld van Jacobeaanse boukuns beskou en is tans die woning van Robert Gascoyne-Cecil, 7de markies van Salisbury. Die huis staan oop vir die publiek.

Kategorie:Herehuise in Engeland