duimnael|Die bestudering van wit lig wat met ’n prisma versprei word, is ’n voorbeeld van spektroskopie.
Spektroskopie is ’n versamelnaam vir wetenskaplike tegnieke om die wisselwerking tussen materie en stralingsenergie te ondersoek.
Histories was spektroskopie die bestudering van sigbare lig wat volgens hul golflengtes deur ’n prisma versprei word. Later is die begrip heelwat uitgebrei om enige wisselwerking met stralingsenergie as ’n funksie van sy golflengte of frekwensie in te sluit.
Spektroskopiese tegnieke word toegepas in die natuurkunde, analitiese skeikunde en fisiese chemie om die eienskappe van saamgestelde molekulêre, atoom- of subatoom-stelsels te bepaal.
Elektromagnetiese spektroskopie 'n Belangrike deel van die spektroskopie maak gebruik van fotone. Afhanklik van die golflengte van die straling kan verskeie eienskappe bestudeer word
Mössbauerspektroskopie gebruik gammastraling om oorgange van die atoomkern te bestudeer X-straalspektroskopie gebruik X-strale om oorgange van die atome se kernelektrone te bestudeer UV/Sigbare spetroskopie toon veral oorgange tussen elektroniese toestande van die materiaal Infrarooispektroskopie toon veral oorgange tussen vibrasietoestande Mikrogolfspektroskopie toon veral oorgange tussen rotasietoestande Kernspinresonansie gebruik straling in die radiogolfgebied om oorgange van die kernspins te bestudeer
Ander vorme Fotoëlektronspektroskopie
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia