Die Afrika-woudolifant (Loxodonta cyclotis) is een van die drie nog lewende spesies olifante. Die woudolifant kom slegs in die reënwoude van Wes- en Sentraal-Afrika voor. Voorheen is die spesie en die verwante savanne-olifant (Loxodonta africana) as dieselfde spesie, naamlik Afrika-olifante gereken. Genetiese analise het egter getoon dat dit twee afsonderlike spesies is.

Let daarop dat die Knysna-olifant 'n savanne-olifant en nie 'n Afrika-woudolifant is nie.How many elephants are there in the Knysna forest? , besoek op 28 September 2014

Verwysings

Kategorie:Olifante