Die Windpomp is 'n Afrikaanse rolprent wat op 25 April 2014 in teaters begin draai het en op 12 September 2014 op DVD vrygestel is. Die film is deur ZenHQ Films en Times Media Films vervaardig. Dit is in Kaapstad in die Wes-Kaap verfilm.
Die Windpomp is aanvanklik in 2011 as 'n kortfilm vir die AFDA-filmskool geskiet. Dit het 11 AFDA-pryse verower waarna dit as Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die Studente Oscars ingeskryf is. Ná hierdie suksesse is daar begin om dit as 'n vollengte rolprent te ontwikkel.
Genre Romantiese drama met elemente van fantasie. Dit het 'n ouderdomsperk van 13 jaar.
Hoofrolspelers Leandie du Randt as Margot Ian Roberts as Rossouw Armand Greyling as Henri Grethe Fox as tannie Miggie Marga van Rooy as Tannie Sean-Marco Vorster as Pieter Barbara Marie Immelman as 'n verpleegster Maridi Jooste as Miggie Roland Reed as Japie Marko van der Colff as Oupa Hendrik Euodia Sampson as Karmienella Ivan Abrahams as dominee Greeff Alice Godfrey as Elbie
Storielyn Die storie handel oor 17-jarige Hendri wat noodgedwonge op die voorstoep van sy seniele, teruggetrokke oupa in 'n aftree-oord beland. Hendri kom gou agter dat daar soveel meer geheime hier skuil as wat hy ooit sou kon raai en dat die grootste geheim van als hom net dalk die liefde van sy lewe kan kos.
Toekennings Toekenning Kategorie Naam UitkomsSilwerskermfees Toekennings 2014(kykNET)Beste FilmWenBeste RegisseurEtienne FourieWenBeste DraaiboekEtienne FourieWenBeste KinematografieJohan PrinslooNominasieBeste Oorspronklike MusiekJohnny de RidderWenBeste RedigeringMario KowarzNominasieBeste AkteurArmand GreylingNominasieBeste AktriseLeandie du RandtNominasieBeste Vroulike ByspelerMarga van RooyWen
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Fantasierolprente Kategorie:Romantiese rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente