Leandie du Randt (gebore 28 Julie 1988) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy maak haar TV-debuut in 2009 in Getroud met rugby en haar rolprentdebuut die daaropvolgende jaar in die film Henley-on-Klip. In 2014 is sy tydens kykNET se silwerskermfees as Beste Aktrise vir haar rol in Die Windpomp benoem.
Du Randt verwerf in 2009 die graad BCom Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Johannesburg. In 2010 ontvang sy haar honneursgraad in bedryfsielkunde aan dieselfde universiteit. Sy is in 2011 as 'n praktiserende psigometris geregistreer.Biografie op leandiedurandt.co.za, besoek op 30 September 2014
Filmografie Thys & Trix, 2018 Vuil Wasgoed, 2017 Jagveld, 2017, as Emma le Roux Binnelanders, as Ivanka Gouws Hollywood in my Huis, 2015 Mooirivier, 2015 Strikdas, 2014 (na-produksie) as Willemien de la Harpe Ek Joke Net 2, 2014 Born to Win, 2014 as Older Deonette Die Windpomp, 2014 as Margot Verlep, 2013 (kort) as Anne Klein Karoo, 2013 as Jackie Drukkersbloed, 2012 (kort) Semi-soet, 2012 as meisie in kroeg Susanna van Biljon, 2010 as Melanie Egoli: Afrikaners is plesierig, 2010 as Peggy Henley-on-Klip, 2010 as Meraai Getroud met rugby, 2009 (TV-reeks) as Mieke
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu