Die Afrika-olifante (Loxodonta) is 'n genus van olifante. Die genus omvat twee lewende spesies, naamlik die Savanne-olifant en die Afrika-woudolifant.

duimnael|links|'n Savanne-olifant in die Huabriviervallei, Namibië Fossiele van die genus is slegs in Afrika gevind, waar hulle in die middel-Plioseen ontwikkel het.

Bulle van die savanne-olifant kan tot 3,64 meter hoog word en 5 455 kg weeg. Dit is die grootste lewende olifantspesie. Die koeie kan 3 meter hoog word en 3 636 kg tot 4 545 kg weeg.Laurson, Barry & Bekoff, Marc 1978. Loxodonta africana. Mammalian Species 92: 1–8.

Spesies Loxodonta adaurora, uitgestorwe, vermoedelik die voorganger van die moderne Afrika-olifante Savanne-olifant (Loxodonta africana). Afrika-woudolifant (Loxodonta cyclotis).

600px|duimnael|senter|'n Trop savanne-olifante haas hul na Gemsbokvlakte-watergat in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Olifante