180px|regs|duimnael|Die boodskap is op dié afbeelding ingekleur om die aparte onderdele daarvan te demonstreer. Die oorspronklike boodskap bevat nie enige kleurinligting nie.
Die Arecibo-boodskap is ’n radioboodskap wat in 1974 die ruimte ingestuur is met die heropening van die Arecibo-radioteleskoop in Puerto Rico. Die boodskap is gerig op die sterreswerm Messier 13, sowat 25 000 ligjare van die Aarde af. Wanneer dit sy bestemming bereik, sal M13 nie meer in daardie deel van die ruimte wees nie.
Die boodskap bestaan uit 1 679 bis wat uitgestuur is op ’n frekwensie van 2 380 MHz en frekwensiegemoduleer met 10 Hz. Die volledige sein het drie minute geduur en is nie herhaal nie. Die getal 1 679 is gekies omdat dit ’n semipriemgetal is, en daarom kon dit opgedeel word in 23 rye en 73 kolomme, of 73 rye en 23 kolomme. Wanneer die inligting op die eerste manier gerangskik word (23 rye, 73 kolomme) word onsin geproduseer, maar wanneer dit op die tweede manier gerangskik word (73 rye, 23 kolomme), word die afbeelding regs gevorm – daar word veronderstel dit sal as data herkenbaar wees. (Die kleure is net ter verduideliking; die oorspronklike boodskap bevat geen kleur nie.)
’n Mens kan die afbeelding in verskillende dele opdeel (gelees van bo na onder en van links na regs): Die getalle een (1) tot en met tien (10). Die atoomgetalle van die elemente waterstof, koolstof, stikstof, suurstof en fosfor. Dié atome is die boustene van deoksiribonukleïnesuur (DNS). Die formules van die koolhidrate en die basisse in die nukleotides van DNS. Die aantal nukleotides in DNS en ’n grafiese voorstelling van die dubbele heliksstruktuur van DNS. ’n Grafiese voorstelling van die figuur van ’n mens, die afmetings van ’n gemiddelde mens en die bevolking op Aarde. ’n Grafiese voorstelling van die Sonnestelsel waartoe die Aarde behoort. ’n Grafiese voorstelling van die Arecibo-radioteleskoop en die deursnee van die antenneskottel.
Aangesien dit 25 000 jaar sal duur voor die boodskap sy bestemming bereik (en nog 25 000 jaar voor ’n antwoord gekry kan word) is die Arecibo-boodskap eerder ’n demonstrasie van tegnologie as ’n egte poging om met buiteaardse lewe kontak te maak.
Die boodskap is geskryf deur dr. Frank Drake (wat die bekende Drake-vergelyking opgestel het) met die hulp van onder andere Carl Sagan.
Uitleg Getalle Deel 1: die syfers van 1 tot en met 10|links
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
0 0 0 1 1 1 1 00 00 00 0 1 1 0 0 1 1 00 00 10 1 0 1 0 1 0 1 01 11 01 X X X X X X X X X X ← dui die eenheid met die kleinste waarde aan
Die getalle 1 tot en met 10 worde in binêre getalle weergegee
Boustene van DNS Deel 2: die samestellende elemente van DNS|links
H C N O P 1 6 7 8 15
0 0 0 1 1 0 1 1 0 1 0 1 1 0 1 1 0 1 0 1 X X X X X
Die getalle 1, 6, 7, 8 en 15 verskyn in die boodskap. Dit is die atoomgetalle van waterstof (H), koolstof (C), stikstof (N), suurstof (O) en fosfor (P) – die samenstellende elemente van DNS.
Nukleotides Deel 3: die nukleotides van DNS Deoksiribose (C5H7O) Adenien (C5H4N5) Timien (C5H5N2O2) Deoksiribose(C5H7O) Fosfaat(PO4) Fosfaat(PO4) Deoksiribose(C5H7O) Sitosien (C4H4N3O) Guanien (C5H4N5O) Deoksiribose(C5H7O) Fosfaat(PO4) Fosfaat(PO4)
Die nukleotides word beskryf as ’n sekwensie van die vyf atome wat op die vorige lyn verskyn. Elke sekwensie stel ’n molekulêre formule voor van die nukleotide soos dit in die DNS voorkom (en dus nie die vrye vorm van die nukleotide nie).
Byvoorbeeld, deoksiribose (C5H7O in DNS; C5H10O4 wanneer dit vry voorkom), die nukleotide in die boonste linkerhoek van die afbeelding, word gelees as:
11000 10000 11010 XXXXX
75010
dit is: 7 atome waterstof, 5 atome koolstof, 0 atome stikstof, 1 atoom suurstof en 0 atome fosfor.
Dubbele heliks Deel 4: die dubbele heliksstruktuur van DNS|links
11 11 11 11 11 01 11 11 01 11 01 11 10 11 11 01 X
1111111111110111 1111101101011110 (binêr) = 4 294 441 822 (desimaal)
Die dubbele heliksstruktuur van DNS. Die vertikale lyn stel die aantal nukleotides voor. Die afgebeelde waarde is ongeveer 4,3 miljard, terwyl net ongeveer 3,2 miljard basispare hulle in werklikheid in die menslike genoom bevind.
Mensheid Deel 5: die menslike vorm, die grootte van die mens en die bevolking|links
X011011 111111 X0111 110111 111011 111111 110000
1110 (binêr) = 14 (desimaal)
000011 111111 110111 111011 111111 110110 (binêr) = 4 292 853 750 (desimaal)
Die afbeelding in die middel stel die mens voor. Links op die afbeelding word die gemiddelde lengte van ’n persoon voorgestel: 1 764 mm. Dit kom ooreen met die horisontaal geskrewe binêr 14 vermenigvuldig met die golflengte van die boodskap (126 mm). Regs op die afbeelding staan die grootte van die menslike bevolking in 1974: ongeveer 4,2 miljard.
Planete Deel 6: die Son en die planete|links
Aarde Son Mercurius Venus Mars Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Pluto
Dit stel die Sonnestelsel voor met die Son en die planete in die volgorde van die Son af: Mercurius, Venus, Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus, Neptunus en Pluto.
Die Aarde is die derde planeet van die Son af. Dit word grafies aangedui deur dit hoër te plaas om aan te dui dit is die planeet van waar die sein gestuur is.
Teleskoop Deel 7: die Arecibo-radioteleskoop|links
onderste twee rye: 100101 ← 111110X →
100101 111110 (binêr) = 2 430 (desimaal)
Die laaste deel stel die Arecibo-radioteleskoop en sy deursnee voor (2 430 vermenigvuldig met die golflengte gee 306,18 m).
Die totale binêre boodskap lyk dus so:
00000010101010000000000 00101000001010000000100 10001000100010010110010 10101010101010100100100 00000000000000000000000 00000000000011000000000 00000000001101000000000 00000000001101000000000 00000000010101000000000 00000000011111000000000 00000000000000000000000 11000011100011000011000 10000000000000110010000 11010001100011000011010 11111011111011111011111 00000000000000000000000 00010000000000000000010 00000000000000000000000 00001000000000000000001 11111000000000000011111 00000000000000000000000 11000011000011100011000 10000000100000000010000 11010000110001110011010 11111011111011111011111 00000000000000000000000 00010000001100000000010 00000000001100000000000 00001000001100000000001 11111000001100000011111 00000000001100000000000 00100000000100000000100 00010000001100000001000 00001100001100000010000 00000011000100001100000 00000000001100110000000 00000011000100001100000 00001100001100000010000 00010000001000000001000 00100000001100000000100 01000000001100000000100 01000000000100000001000 00100000001000000010000 00010000000000001100000 00001100000000110000000 00100011101011000000000 00100000001000000000000 00100000111110000000000 00100001011101001011011 00000010011100100111111 10111000011100000110111 00000000010100000111011 00100000010100000111111 00100000010100000110000 00100000110110000000000 00000000000000000000000 00111000001000000000000 00111010100010101010101 00111000000000101010100 00000000000000101000000 00000000111110000000000 00000011111111100000000 00001110000000111000000 00011000000000001100000 00110100000000010110000 01100110000000110011000 01000101000001010001000 01000100100010010001000 00000100010100010000000 00000100001000010000000 00000100000000010000000 00000001001010000000000 01111001111101001111000
Verwysings
Eksterne skakels Interstellêre radioboodskappe Cornell-nuus: Herdenking van die Arecibo-boodskap
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
Kategorie:Buiteaardse lewe Kategorie:Ruimteverkenning