Robert Godlonton (24 September 1794 - 30 Mei 1884) was 'n pionier in die Kaapse koerantwese. Hy is gebore in Engeland waar hy kwalifiseer as 'n drukker. In 1820 arriveer hy as deel van die Setlaars op die Oosgrens waar hy eers as 'n magistraatklerk werk. In 1834 sluit hy by die Grahamstown Journal aan. Deur sy toedoen word dit 'n invloedryke koerant. Hy dien in die Kaapse parlement vanaf 1854 namens die Oos-Kaap.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1794 Kategorie:Sterftes in 1884