Robert Douglas Thomas Pattinson is 'n Engelse akteur, model, musikant en rolprentvervaardiger. Pattinson het sy loopbaan begin met 'n rol as Cedric Diggory in Harry Potter and the Goblet of Fire. Hy het later die hoofrol vertolk van die vampier, Edward Cullen in die Twighlight Saga-filmreeks geskryf deur Stephenie Meyer. Hierdie rol het hom gevestig as een van die hoogs betaalde akteurs in Hollywood en het groot beroemdheid meegebring. In 2010 is Pattinson benoem as een van TIME se '100 Mees Invloedryke Mense Ter Wêreld', en in dieselfde jaar het Forbes hom gelys in die Forbes Celebrity 100.
In 2009 het hy die rol vertolk van Salvador Dalí in Little Ashes. In dieselfde jaar is 'n dokumentêr met die titel Robsessed vrygestel oor sy beroemdheid en gewildheid. Hy het verskyn as 'n jong man met baie probleme in Remember Me, en het ook verskyn in die romantiese drama Water for Elephants in 2011. Sy vertolking van die rol as a tawwe, gevoellose en berekende miljardêr in David Cronenberg se Cosmopolis in 2012, het hom baie lof besorg. Hy het verder waardering ontvang van sy rol in David Michôd se futuristiese film The Rover en in Cronenberg se satiriese drama Maps to the Stars (beide in 2014).
Pattinson is geskeduleer om te verskyn in Werner Herzog se Queen of the Desert, Anton Corbijn se Life, Olivier Assayas se Idol’s Eyehttp://olivier%20Assayas%20se%20Idol’s%20Eye en in James Gray se The Lost City of Z.
Pattinson speel en skryf ook sy eie musiek.
Hy is 'n ondersteuner van ECPAT International, Parents and Abducted Children Together (PACT), GO Campaign en is 'n lid van International Medical Corps. Hy dra ook by tot kanker bewusmakings veldtogte.
Vroeëre lewe Pattinson is gebore in Londen, Engeland. Sy pa, Richard, het antieke motors uit Amerika ingevoer en sy ma, Clare het gewerk vir 'n modelagentskap. Pattinson het twee ouer susters, Lizzy en Victoria. Lizzy het bekendheid verwerf as sanger. Robert het groot geword in die Barnes distrik van Londen, waar hy skool gegaan het by Tower House School tot en met die ouderdom van 12, waarna hy The Harrodian School bygewoon het."Biography Today", p.136 Robert het betrokke geraak by amateurteater deur die Barnes Teatergroep. Hy het 'n klein rol losgeslaan in Guys and Dolls. Hy het ook 'n oudisie gedoen vir Thornton Wilder se Our Town en is raakgesien deur George Gibbs. Hy het ook rolle vertolk in Anything Goes en Macbeth."Biography Today", p. 137 Hy het aandag getrek met sy rol in Tess of the Urbervilles en het hierna begin kyk na meer professionele rolle.
Loopbaan
Model duimnael|Robert Pattinson
Pattinson het as 'n model begin werk op die ouderdom van 12, maar die aanvraag na hom het vier jaar later begin afneem. Hy het teenoor 'n tydskrif genoem dat hy die mees onsuksesvolle loopbaan as model gehad het. Pattinson het verskyn in die advertensieveldtog van Hackett se Herfs 2007 versameling.
In Junie 2013 is Pattinson gekies as die nuwe gesig van Dior Homme en het verskyn in die 1000 LIVES, advertensie veldtog, deur Romain Gavras, met fotografie deur Nan Goldin. Hierdie veldtog het ook 'n liedjie Whole Lotta Love deur die Engelse rockgroep Led Zeppelin bevat. Goldin het ook later 'n boek met die titel Robert Pattinson: 1000 Lives, vrystel wat 'n versameling van Pattinson's se foto's van die veldtog bevat.
Akteur
Vroeë Loopbaan Pattinson het ondersteunende rolle gehad in die televisieproduksie van Ring of the Nibelungs in 2004, en in Mira Nair se Vanity Fair, alhoewel die tonele waarin hy verskyn, slegs op die DVD-weergawe verskyn. In Mei 2005 was hy geskeduleer om te verskyn in die Britse premier van The Woman Before deur die Royal Court Theatre, maar is net voor die openingsaand afgedank, en vervang deur Tom Riley. Later daardie jaar het hy die rol van Cedric Diggory vertolk in Harry Potter and the Goblet of Fire. Vir hierdie rol het hy die toekenning van British Star of Tomorrow ontvang van The Times en is meer as een keer met Jude Law vergelyk.
In 2006 het Pattinson verskyn in The Haunted Airman, wat op 31 Oktober die lug gesien het op BBC. Die rol het goeie resensies aan Pattinson besorg. The Stage het geskryf dat Pattinson die rol van die lugman, of die titel, met 'n perfekte kombinasie van jeugvolle terreur, en 'n wêreldwyse sinisme vertolk. In Februarie 2007, het hy 'n ondersteunende rol vertolk in 'n televisie drama gebaseer op die topverkoper deur Kate Long, The Bad Mother's Handbook.
Die Twilight Saga duimnael|links|Die akteurs van Twilight
In 2008 het Pattinson die rol losgeslaan van Edward Cullen in die film Twilight, gebaseer op Stephenie Meyer se topverkoperreeks met dieselfde naam. Volgens berigte was Pattinson oorspronklik huiwerig vir die rol, bang dat hy nie sal voldoen aan die 'beeld van perfeksie' wat van die karakter verwag word nie. Die film is op 21 November 2008 vrygestel, en het Pattinson oornag in 'n ster en wêreldwye sensasie verander. Alhoewel die film gemengde resensies ontvang het, is Pattison en sy mede-ster Kristen Stewart geloof vir die dinamika tussen hulle. Die New York Times het na Pattinson verwys as 'n 'bekwame, eksotiese pragtige' akteur en Roger Ebert was van mening dat hy perfek vir die rol is.
Hy het weer die rol van Edward Cullen vertolk in die Twilight opvolg The Twilight Saga: New Moon, wat vrygestel is op 20 November 2009. Die film het 'n rekordinkomste van $142,839,137 gedurende die openingsnaweek verdien, en 'n opbrengs van $709,827,462 wêreldwyd verseker. Die film self het negatiewe resensies ontvang, maar Michael Phillips van die Chicago Tribune het gesê dat Pattinson steeds 'interessant is om na te kyk, ten spyte van die slegte grimering'.
Sy volgende film, The Twilight Saga: Eclipse is vrygestel op 30 Junie 2010, en het 'n inkomste van $698,491,347 wêreldwyd besorg. Ook hierdie film het gemengde resensies ontvang. Kirk Honeycutt van The Hollywood Reporter het met lof gepraat oor Pattinson se toneelspel. Hy het genoem dat Pattinson jou laat vergeet van die wit grimering en vreemde kontaklense, en jou laat fokus op 'n karakter wat geskeur is tussen sy liefde vir die menslike Bella (Stewart), en die wete dat sy haar kloppende hart moet prysgee as sy vir ewig by hom wil bly. Will Lawrence van Empireonline het al drie hoofakteurs geprys vir hulle vertoning. Hy het gesê dat die liefdesdriehoek duideliker en skerper is as ooit vantevore: Stewart wat steeds haar lip byt, Lautner wat steeds sy spiere wys, en Pattinson wat nie heeltemal van sy 'fiery-eyed pout' ontslae raak nie. Maar al drie het saam met hulle rolle ontwikkel, en wegbeweeg van die melodrama van die voorlopers.
Pattinson het weer verskyn as Edward Cullen in The Twilight Saga: Breaking Dawn – Part 1, wat op 18 November 2011 vrygestel is, en 'n inkomste van $705,058,657 by die loket verdien het.
Pattinson het 'n laaste keer verskyn as Edward Cullen in die finale aflewering van die Twilight Saga, The Twilight Saga: Breaking Dawn – Part 2 wat op 16 November 2012 vrygestel is, en 'n rekordinkomste van $829 miljoen wêreldwyd by lokette verdien het. Die film het die meeste van die reeks verdien.
Ander Vrystellings In 2008 is How to Be, 'n film deur Oliver Irving vrygestel. Dit het by verskeie film feeste vertoon en het gemengde reaksie van kritici ontvang. Pattinson het ook verskyn as Salvador Dalí in die film Little Ashes, 'n Spaans-Britse drama deur Paul Morrison. Hy het ook verskyn in 'n kort film The Summer House deur Daisy Gili. Hierdie film is later weer vrygestel as deel van 'n bundelfilm met die titel Love & Distrust, wat bestaan uit 5 kortfilms wat 8 indiwidue, van verskeie agtergronde, volg op 'n tog om ware tevredenheid te vind.
In 2009, het Pattinson die 81ste Academy Awards aangebied. Op 10 November 2009, het Revolver Entertainment 'n DVD vrygestel met die titel Robsessed, 'n dokumentêr oor Pattinson se lewe en beroemdheid.
Pattinson het gespeel in die film Remember Me wat op 12 Maart 2010 vrygestel is. Die film het gemengde resensies ontvang, maar Pattinson se vertolking van die rol is geprys. Jake Coyle van Associated Press het gesê dat die jong akteur 'n onmiskenbare teenwoordigheid het. Hy het in Remember Me, die rol aangedik, was baie selfbewus met neergeslane oë, moue opgerol en 'n sigaret wat kunsmatig uit sy mond hang, maar Tyler (soos Edward Cullen) is 'n huiwerige romantikus. Ian Nathan van Empire Online was van mening dat dit Pattinson se beste vertolking tot op datum was. en Kirk Honeycutt van The Hollywood Reporter het Pattinson en sy mede akteur Emilie de Ravin, geprys vir hulle vertoning, en gevoel dat die tonele van Pattinson en de Ravin ware sjarme uitstraal.
duimnael
In 2011, het hy die rol vertolk van Jacob Jankowski in Water for Elephants, 'n film weergawe van die Sara Gruen boek met dieselfde titel. Ook die film het gemengde resensies ontvang, maar Pattison se vertoning is geprys. Richard Corliss van Time het Pattinson geloof vir 'n skaam, stadige magnetisme wat die kyker se oë op hom fokus, en het na hom verwys as "sterkwaliteit". Mick LaSalle van die San Francisco Chronicle het gesê dat Pattinson homself sentraal in die rolprent hou. Peter Travers van die Rolling Stone het gesê dat hy "smeul" in die film en Todd McCarthy van The Hollywood Reporter het gesê dat Pattinson heeltemal oortuigend die rol van Jacob vertolk.
Hy het ook die rol vertolk van Georges Duroy in die 1885 roman Bel Ami. Die film is vrygestel by die 62ste Internasionale Fees in Berlyn. Dit is vrygestel op 12 Februarie 2012.
Pattinson het die rol vertol van die film verwerking van Don DeLillo se Cosmopolis, deur David Cronenberg. Die film het meegeding vir die Palme d'Or op 2012 se Cannes-rolprentfees. Al was die film goed ontvang, is Pattison in besonder geprys vir sy vertoning. The Telegraph het Pattinson se vertolking van die rol as sensasioneel beskryf.
Aan die einde van 2013, het Pattinson verskyn in a swart en wit kortfilm met die model Camille Rowe as die nuwe gesig van Dior Homme Fragrances.
Ander projekte In Mei 2014 is twee van Pattinson se films uitgereik op die 2014-Cannes-rolprentfees. Pattinson het ook verskyn in David Michod se The Rover saam met Guy Pearce en Scoot McNairy. Vir sy vertoking van 'n naïwe, eenvoudige lid van 'n kriminele bende, het Pattinson goeie tergvoer ontvang. Scott Foundas van Variety-tydskrif het gesê dat Pattinson die film se grootste verrassing was, met 'n oortuigende aksent. Hy het verder bygevoeg dat die rol baie tot Pattinson se suksesvolle loopbaan bydra. Todd McCarthy van The Hollywood Reporter noem dat Pattinson se vertolking van die rol, ten spyte van die tekortkominge van die karakter, meer interessant word namate die film vorder.
Hy het vir 'n tweede keer verenig met Cronenberg in Maps to the Stars, 'n drama beskryf as a donker, komiese kyk na Hollywood oorvloed. Die film het meegeding vir die Palme d'Or op die 2014-Cannes-rolprentfees. In hierdie film het Pattinson die rol vertolk van Jerome Fontana, 'n limo bestuurder en sukkelende akteur, wat graag 'n suksesvolle draaiboekskrywer wil wees. Pattinson het gunstinge resensies ontvang vir sy vertolking van die rol.
Pattinson het aangesluit by die span van Werner Herzog se weergawe van Gertrude Bell se film Queen of the Desert en sal die rol van TE Lawrence vertolk saam met Nicole Kidman en James Franco.
Hy sal ook verskyn in Anton Corbijn se Life wat handel oor die vriendskap tussen James Dean en Dennis Stock.
Hy sal ook saam met Bérénice Bejo en Tim Roth verskyn in Brady Corbet se debuut film The Childhood of a Leader, wat in November 2014 'n aanvang sal neem. Hy het ook aangesluit by Olivier Assayas se aksieriller Idol’s Eye saam met Robert De Niro. In November 2014 sal hy ook verskyn in Benedict Cumberbatch se vertolking van die topverkoper The Lost City of Z met regisseur James Gray. Hy sal ook teenoor Carey Mulligan verskyn in James Marsh se Hold On to Me.
Musiek