Klas 1E is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik was. Dit is 'n Bo-Bo-ontwerp (twee tweewieldraaistelle met traksiemotors op elke as).
Die eerste hooflyn wat geëlektrifiseer is, was tussen Pietermaritzburg en Glencoe tussen 1924 en 1926. Die toevoer was 3 kV gelykstroom en 78 lokomotiewe is bestel by Metropolitan Vickers and Company in Manchester. Dit was op daardie stadium die grootste bestelling vir één tipe elektriese lokomotief ter wêreld.
Die lokomotief was aangedryf deur vier 224 kW motors. Die lokomotief self was toegerus met lugremme en vakuumremme vir die trein. Heropwekkingremme is ook verskaf (die motor word as 'n generator gebruik en die energie word terug in die kraglyn gestuur). Drie eenhede mag op een slag aanmekaar gekoppel word. Daar is in totaal 172 van die lokomotiewe gebou. Die lokomotief se maksimum veilige snelheid is 72 km/h.
Gedurende 1968 is van die lokomotiewe omgeskakel na Klas 1ES vir rangeergebruik. Daar is ook verbeterings gemaak aan die elektriese gedeelte.
Hulle is almal lank reeds uit diens onttrek.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine