Klas 2E is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik was. Dit is 'n Bo-Bo-ontwerp (twee tweewieldraaistelle met traksiemotors op elke as). Drie lokomotiewe is in 1937 deur Henschel & Son in Duitsland gebou en toegerus met Siemens elektriese toerusting. Hulle het baie soos Klas 1E lokomotiewe gelyk maar die ontwerp en uitleg van die elektriese toerusting aan die binnekant het baie verskil. Hulle was ook meer kragtig as die 1E met vier motors van 300 kW elk.
Hulle het diens gedoen in Transvaal en KwaZulu-Natal en later in die Kaap voordat hulle in 1973 uit diens onttrek is.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine