HatfieldGautreinstasie
Adres
Hoek van Arcadia- en Grosvenorstraat HatfieldPretoria
Voltooi
Augustus 2011
Hatfieldstasie is 'n terminusstasie op die Gautrein hoëspoedtreinroete in Pretoria, Gauteng.
Ligging Die bo- en ondergrondse stasiegebied is geleë oos van die sentrale sakekern van Pretoria tussen Grosvenorstraat en Jan Shobastraat (M7) (ou Duncanstraat). Noord-oos van die stasie is die M2-snelwegkruising en die N1-nasionale pad. Die Hatfield-stasie vorm die noordelike eindpunt op die noord-suid-roete van die Gautrein en laat passasiers ook oorstap na die PRASA-spoornetwerk.
Passasiers wat na die OR Tambo Internasionale Lughawe reis, moet egter op die Marlboro-stasie van trein verwissel vir 'n direkte 15-minute oorplasing na die lughawe.
Eksterne skakels Amptelike Gautrein-webwerf
Kategorie:Gautrein