Reinsurance Group of America (RGA) is 'n internasionale lewensherversekeraar wat onder meer indiwiduele lewens en groepskemas herverseker en bykomende dienste soos produkontwikkeling, risikobestuur, e-onderskrywing, en kliëntopleiding verskaf. RGA is een van die grootste herversekeraars ter wêreld en het jaarlikse premies van sowat $2,9 miljard en bates van sowat $39.7 miljard soos op 31 Desember 2013. In 2013 het die maatskappy meer as 580 000 fakultatiewe eise hanteer, en sedert 1979 reeds bykans vyf miljoen in totaal.

Globale bedrywighede

RGA bestuur bedrywighede in 26 lande:

Geskiedenis

RGA het in 1973 in die Verenigde State as General American Re begin sake doen. Dit was die herversekeringsafdeling van General American Life Insurance Company. In 1992 skep General American 'n beheermaatskappy met die naam Reinsurance Group of America, Incorporated vir herversekeringsbedrywighede. Later in daardie jaar open RGA hul eerste internasionale kantoor toe dit National Re of Canada oorneem, wat later na RGA Life Reinsurance Company of Canada hernoem sou word. Op 4 Mei 1993 begin RGA se aandele vir die publiek op die New York Stock Exchange onder die sleutel RGA verhandel.RGA History Besoek op 4 Januarie 2011

Teen 1999 het RGA kantore in Spanje, Hongkong, Japan, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk, Meksiko, en Taiwan.

In 2000 word GenAmerica Corporation, wat General American en die se filiale ingesluit het, deur Metropolitan Life Insurance Company oorgeneem.

In 2008 verdeel RGA met MetLife, Inc. en word dit weer 'n onafhanklike maatskappy.

Tussen 2002 en 2010 open RGA kantore in Suid-Korea, Indië, China, Pole, Frankryk, Italië, Duitsland en Nederland.

In 2010 voltooi RGA 'n oorname van ReliaStar se Amerikaanse en Kanadese groeplewens-, ongeluk-, en mediese herversekeringsbesigheid.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Amerikaanse maatskappye Kategorie:Versekering