Klas 5E is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is op verskeie trajekte in Suid-Afrika. Die lokomotief is ontwerp om die Klas 1E te vervang en is 'n Bo-Bo ontwerp (twee 2-wiel draaistelle met 'n elektriese motor op elke as). Dit is toegerus met gelykstroommotors en benodig 3 kV toevoerspanning. Die eerste 60 is verskaf deur die English Electric Company. Die as-gemonteerde elektriese motors het 'n uitset van 325 kW elk vir 'n totale uitset van 1300 kW. Daar is altesaam 60 lokomotiewe afgelewer vanaf 1955 tot 1959.
Klas 5E1 is 'n kragtiger lokomotief met 'n totale uitset van 1400 kW. Die eerste bestelling is gebou deur Metropolitan Vickers in 1959. 'n Tweede bestelling is in Suid-Afrika gebou deur Union Carriage & Wagon van Nigel. Daar is 690 van die klas afgelewer tussen 1959 en 1969. Lokomotief nr. E591 was die eerste elektriese lokomotief wat in Suid-Afrika gebou is vir werk op hooflyntrajekte. Die lokomotief het 'n veilige maksimum snelheid van 97 km/h.
Die enkele grootste verskil tussen die twee subklasse is die ontwerp van die draaistelle. Hierdie lokomotief is dwarsoor Suid-Afrika gebruik.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine