Klas 3E is 'n soort elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Dit is 'n Co-Co (twee driewieldraaistelle met traksiemotors op elke as) ontwerp. Die lokomotief is ontwerp vir trajekte met minder draaie en waar hoër snelhede gehandhaaf kan word. Daar is in 1944 'n bestelling geplaas vir 28 van die lokomotiewe by Metropolitan Vickers. Die lokomotiewe is van 1947 tot 1948 in diens gestel op die roetes van die Witwatersrand. Voorsiening is gemaak vir elektriese sowel as stoomverhitting vir die passasiers se sitplekke. Die stoomverhittingsfasiliteit is nooit gebruik nie.
Die lokomotief benodig 3 kV gelykstroom en het 'n maksimum kraglewering van 2 016 kW. Hulle is lank reeds uit diens onttrek.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine