Klas 4E is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik was. Dit is 'n (Co-Co: twee drie-wiel draaistelle met traksiemotors op elke as) ontwerp. Die lokomotief is gesamentlik deur General Electric van Manchester en North British Locomotive Company van Glasgow gebou. Daar is 40 van die lokomotiewe afgelewer van 1952 tot 1954.

Die lokomotief is uniek omrede dit 'n stel wiele voor die draaistelle het. Hulle is ontwerp om op die trajek tussen Worcester en Touwsrivier diens te doen.

Die lokomotief benodig 3 kV gelykstroom en het 'n maksimum deurlopende uitset van 1 878 kW. Hulle is lank reeds uit diens onttrek.

Galery

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine