David Bailey

220px|center

Engelse mode- en portretfotograaf

Loopbaan Assistent-fotograaf in John French se ateljee (1959)

Fotograaf in John Cole se ateljee Studio Five (1960)

Fotograaf vir die Britse uitgawe van Vogue (1960) David Royston Bailey, CBE (* 2 Januarie 1938) is 'n Engelse mode- en portretfotograaf wat met sy innoverende werk ikoniese status in die wêreld van moderne kuns en popkultuur bereik het. Saam met ander bekende fotograwe soos Terence Donovan en Brian Duffy het Bailey in sy fotokuns die gees, swier en elegansie van Swinging London in die 1960's met eenvoudige middele vasgevang.

Bailey se lewe en werk het as inspirasie vir die rolprent Blow Up gedien wat Michelangelo Antonioni in 1966 in Londen geskiet het en waarin David Hemmings die rol van Thomas, 'n jong modefotograaf, vertolk het.

Verwysings

Kategorie:Engelse fotograwe Kategorie:Geboortes in 1938 Kategorie:Lewende mense