Charles Saatchi [ˈsɑːtʃiː]; (Arabies: تشارلز ساعتجي, * 9 Junie 1943) is 'n Britse entrepreneur en - saam met sy broer Maurice - medestigter van die advertensieagentskap Saatchi & Saatchi. Die Saatchi-broers het hul besigheid, wat in die 1980's tot die grootste advertensieagentskap ter wêreld gegroei het, tot en met 1995 bestuur toe hulle gedwing is om uit die onderneming te bedank. Nog in dieselfde jaar het hulle 'n nuwe agentskap, M&C Saatchi, gestig.
Charles Saatchi is in 'n Joods-Irakese familie in Bagdad gebore wat hulle later in die Verenigde Koninkryk gevestig het. Hy staan naas sy sakebedrywighede veral as kunsversamelaar en eienaar van die Saatchi Gallery in Londen bekend en tree as borg van die Young British Artists (YBAs) op. Hier het hy onder meer die loopbaan van kunstenaars soos Damien Hirst en Tracey Emin bevorder.
Kategorie:Britse entrepreneurs Kategorie:Britse Jode Kategorie:Geboortes in 1943 Kategorie:Lewende mense