Die Klas GB Garratt-stoomlokomotief is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Aanvanklik was 'n eksperimentele lokomotief verskaf deur Beyer, Peacock and Company. Tesame met Klas GA is dit die eerste Garratt-lokomotiewe wat gebou is vir gebruik op die Kaapspoor. Hierdie lokomotief is in diens gestel in Junie 1921 op die KwaZulu-Natal-suidkus spoorlyne. Teen 1924 is 'n verdere ses in diens gestel wat toegerus was met Walschaerts-klepratwerk. Hulle is laaste gebruik op die Aliwal-Noord - Barkly-Oosspoorlyn totdat hulle in 1967 uit diens gestel is.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine