Die Klas GD Garratt-stoomlokomotief is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie klas is van 1925 tot 1926 deur Beyer, Peacock and Company gebou en 14 lokomotiewe is in diens gestel. Die klas was sterker en swaarder as Klas GC. Die lokomotiewe is toegerus met 'n Belpaire-vuurkas en Walschaerts-klepratwerk. Hulle het meestal op KwaZulu-Natal se Noordkus en die Pietermaritzburg-Franklinlyn diens gedoen. 'n Paar het op die Kaapstad-Caledonlyn gewerk en later het die meeste die Montagupas bedien. Hulle is almal in 1967 uit diens onttrek.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine