Die Klas GA Garratt-stoomlokomotief is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie lokomotief is in 1914 by Beyer, Peacock and Company bestel maar as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog eers teen 1920 afgelewer en in 1921 in diens gestel. Tesame met Klas GB was dit die eerste Garratt-lokomotiewe wat gebou is vir werking op die Kaapspoorwydte. Daar was slegs een lokomotief bestel omrede die Garratt-beginsel nog nuut vir SAS&H was. Die lokomotief is toegerus met Walschaerts-klepratwerk. pp. 88-89.
Toetse wat gedoen is tussen dié klas en die Klas MH Mallet het bewys dat die Garratts beter is en geen verdere Mallets is bestel nie. Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910-1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. p. 41. .Durrant, A E (1989). Twilight of South African Steam (1st ed.). Newton Abbott, London: David & Charles. pp. 25, 123. . Die lokomotief het vir die grootste gedeelte van sy leeftyd op die Van Reenenspas diens gedoen totdat dit in 1938 weens 'n gekraakte raam onttrek is.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine