Die Klas GC Garratt-stoomlokomotief is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie klas is 'n groter en swaarder verdere ontwikkeling van Klas GB. Hulle is ook ontwerp om op die taklyne te werk. Die lokomotiewe is verskaf deur Beyer, Peacock and Company. Die klas is toegerus met Walschaerts-klepratwerk en 'n Belpaire stoomketel. Hulle het aanvanklik diens gedoen aan die suidkus van KwaZulu-Natal en is in 1962 uit diens gestel. Dié klas het amper net soos die Klas GK Garratts gelyk.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine