Die Klas GMA Garratt-stoomlokomotief is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is op 60-pond spoorlyne en 'n 150 stuks van die lokomotiewe is afgelewer van 1954 tot 1956. Daar was een subklas. Drie verskillende maatskappye het die lokomotiewe gebou naamlik: Beyer, Peacock and Company, North British Locomotive Company en Henschel & Son. Klas GMA kon 11.8 ton steenkool en 1 650 gelling water dra terwyl Klas GMAM 14.2 ton steenkool en 2 100 gelling water kon dra. Die lokomotief was toegerus met Walschaerts-klepratwerk.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine