Chlooramfenikol 300px300px Algemeen Chemiese formule C11H12Cl2N2O5 Molêre massa 323.1320 g/mol CAS-registernommer 56-75-7 Farmakokinetika Roete van toediening Intraveneus; oogdruppels/-salf Biobeskikbaarheid 75 tot 90% Metabolisme Lewer Uitskeiding Niere (5-15%), faeces (4%) Eliminasie-halfleeftyd 1.6 tot 3.3 uur
Chlooramfenikol is 'n antibiotikum wat nuttig is in die behandeling van 'n aantal bakteriële infeksies. Dit is 'n bakteriostatiese middel wat beskikbaar is sedert 1949. Dit word beskou as 'n prototipiese breëspektrum antibiotikum, saam met die tetrasikliene. Dit is beide goedkoop en maklik om te vervaardig, en is dikwels die antibiotikum van keuse in die ontwikkelende wêreld.
Chlooramfenikol, ook bekend as chlornitromisien, is doeltreffend teen 'n wye verskeidenheid van gram-positiewe en gram-negatiewe bakterieë, insluitend die meeste anaerobiese organismes. As gevolg van weerstandigheid en veiligheidskommernis, is dit nie meer 'n eerste-lyn middel vir enige infeksie in ontwikkelde lande nie, met die noemenswaardige uitsondering van die topikale behandeling van bakteriële konjunktivitis ('n ooginfeksie). Nogtans het die globale probleem van die vordering van bakteriële weerstand teen nuwe middels gelei tot hernieude belangstelling in die gebruik daarvan. In lae-inkomste lande word chlooramfenikol steeds wyd gebruik omrede dit goedkoop en geredelik beskikbaar is.
Die ernstigste nadelige uitwerking wat verband hou met chlooramfenikolbehandeling is beenmurgtoksisiteit, wat kan voorkom in twee afsonderlike vorms: beenmurgonderdrukking, wat 'n direkte giftige uitwerking van die middel is, en gewoonlik omkeerbaar is, en aplastiese anemie, wat eienaardig is (skaars, onvoorspelbaar, en wat nie verwant is aan die dosis nie) en in die algemeen noodlottige is.
Gebruik van binneaarse chlooramfenikol hou ook verband met 'n grys baba-sindroom, 'n verskynsel as gevolg van pasgebore babas se onvermoë om chlooramfenikol te metaboliseer in die liggaam. Ander minder ernstige reaksies sluit in koors, veluitslag, hoofpyn en verwarring. Voorskrifgebruik word gewoonlik geassosieer met die monitering van 'n pasiënt se volle bloedtelling. Die middel behoort gestaak te word met die voorkoms van retikulositopenia, leukopenie, trombositopenie, anemie, of enige ander abnormale bloedbevindings toe te skryf aan chlooramfenikol.
Dit is op die Wêreldgesondheidsorganisasie se lys van noodsaaklike medisyne, 'n lys van die belangrikste medikasie wat nodig is in 'n basiese gesondheidstelsel.
Verwysings
Kategorie:Geneesmiddels Kategorie:Wêreldgesondheidsorganisasie se essensiële medisynelys