Frans I (12 September 1494 – 31 Maart 1547) is in 1515 in Reims tot koning van Frankryk gekroon en regeer tot sy dood in 1547.

Frans I is op 12 September 1494 in Cognac gebore. Hy was die enigste seun van Karel van Angoulême en Louise van Savoye. Hy behoort tot die bloedlyn Valois-Angoulême van die Huis Valois.

Op 18 Mei 1514 trou hy met Claude van Frankryk. Sewe kinders is uit die huwelike gebore. Twee kinders sterf voor 8-jarige ouderdom en 'n verdere twee sterf tussen 18 en 23 jaar. Die wat volwassenheid bereik het is: Hendrik, Koning van Frankryk Magdalena, Koningin van Skotland Margaretha, Hertogin van Berry

Hy is op 31 Maart 1547 in die Kasteel van Rambouillet oorlede en is in die Katedraal van Saint-Denis begrawe.

Eksterne skakels

Kategorie:Franse konings Kategorie:Geboortes in 1494 Kategorie:Sterftes in 1547