'n Deelwoordhttp://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2636.0 is 'n woord wat gedeeltelik 'n werkwoord en gedeeltelik 'n ander woordsoort is byvoorbeeld 'n selfstandige of byvoeglike naamwoord, 'n bywoord of 'n ander werkwoord.

Daar is twee soorte deelwoorde: Teenwoordige deelwoorde en Verlede deelwoorde

Teenwoordige deelwoorde

Wanneer die aksie nog besig is om te gebeur, word –de, -ende of –end aan die woord gevoeg.

Slegs die werkwoorde doen, gaan, sien, slaan, staan (en hulle afleidings) kry -de, byvoorbeeld:Hy het hard gewerk en sodoende goeie punte behaal.voldoende bewyse;bestaande reëls;hy is siende blind;verbygaande motors

Behalwe vir 'n paar uitsonderings kry alle werkwoorde -ende wanneer die beskrywende woord voor die selfstandige naamwoord (attributief) is, byvoorbeeld: huilende kind (kind is die selfstandige naamwoord)sterwende oupawaaiende windkokende water-end na die s.nw, byvoorbeeld:Die dansende meisie is gelukkig. (Meisie is die selfstandige naamwoord)My ouers is baie ondersteunend. (Ouers is die selfstandige naamwoord)

Uitsonderings Versag - versagtende omstandighedeliefhê - liefhebbende moedersê - veelseggende glimlagvertroos - vertroostende drukkie

Verlede deelwoorde Wanneer die aksie reeds verby is, (verlede tyd) vorm ons ‘n beskrywende woord deur –ge vooraan en –de, -te of –e agter aan die woord te voeg:Swak verlede deelwoorde word letterlik gebruik, byvoorbeeld: 'n gebreekte been, terwyl sterk verlede deelwoorde figuurlik gebruik word, byvoorbeeld 'n gebroke hart.

Swak verlede deelwoorde: ge- + -te of ge- + -de word agteraan die werkwoord gevoeg, byvoorbeeld:'n getroude paartjie'n gestrykte hempAs die woord op K of P eindig, kry dit ge-+-te. Byvoorbeeld: (kook) water gekookte water(kap) hout gekapte houtAs die woord op F, G of S eindig, kry dit ge- + -te of ge- + -de. Byvoorbeeld:(afstof) boekrak afgestofte/de boekrak(droog) vrugte gedroogte/de vrugte(was) skoene gewaste/de skoene

Sterk verlede deelwoorde word gewoonlik gevorm deur vokaalverandering en eindig altyd met ‘n –e in die attributiewe vorm. Byvoorbeeld:(bederf) kind – bedorwe kind;(opwen) mense – opgewonde mense'n Ryke verbeelding (teenoor ryk mense) 'n donkere toekoms (teenoor 'n donker kamer)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Woordsoorte