Amarna (algemeen bekend as el-Amarna of Tell el-Amarna; Arabies: العمارنة) is ’n groot argeologiese terrein in Egipte wat die ruïnes bevat van die nuwe hoofstad wat gebou is deur farao Achenaten van die 18de Dinastie (omstreeks 1353 v.C.).
Die naam van die stad is in Antieke Egipte geskryf as Achetaten, "Horison van die Aten".David, Rosalie (1998). Handbook to Life in Ancient Egypt. Facts on File. Dit is gebou vir die farao se nuwe geloof, die aanbidding van die sonskyf, Aten. Die stad het kort daarna leeggeloop toe Achenaten se seun, Toetankamen, aan die bewind kom en die stad verlaat om na sy geboorteplek, Thebe, terug te keer.
Hierna was die stad onbewoon totdat die Romeine hulle aan die Nylrivier begin vestig het.
Die gebied lê op die oosoewer van die Nyl in die moderne Egiptiese provinsie Minja, sowat 312 km suid van Kaïro.
Verwysings
Eksterne skakels Die Universiteit van Cambridge se Amarna-projek M.A. Mansoor se Amarna-versameling
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Nedersettings in Antieke Egipte