Horemheb ("Horus Jubel") was die laaste farao van Antieke Egipte se 18de Dinastie. Hy het óf van 1319 tot 1292 v.C. regeerErik Hornung, Rolf Krauss & David Warburton (red.), Ancient Egyptian Chronology (Handbook of Oriental Studies), Brill: 2006, p.493 Chronology table óf van 1306 tot 1292 v.C. Hy was nie verwant aan enige van die voorafgaande heersers nie en was vermoedelik nie van koninklike afkoms nie.

Voordat hy farao geword het, was Horemheb die bevelvoerder van die leër onder Toetankamen en Ai. Ná sy bestyging van die troon het hy die staat hervorm en dit was tydens sy bewind dat die amptelike optrede teen die voormalige Amarna-heersers begin het. Hy het monumente van Achenaten laat afbreek en die materiaal gebruik vir nuwe bouprojekte. Horemheb was vermoedelik kinderloos, want hy het sy hofamptenaar Paramesse as sy opvolger aangewys. Dié het hom opgevolg as Ramses I.

Verwysings

Eksterne skakels Horemheb – Archaeowiki.org

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Farao's van Egipte Kategorie:Mense in die 13de eeu v.C. Kategorie:Mense in die 14de eeu v.C. Kategorie:Sterftes in 1292 v.C.