Die Atlas Cheetah is 'n Suid-Afrikaanse vegvliegtuig wat ontwikkel is vir die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) en tans nog deur die Ecuadorse Lugmag en Chileense Lugmag gebruik word."Ex-South African Air Force Cheetah fighter jets arriving in Ecuador." AmericasForum.com, 20 April 2011. Dit was die eerstes wat gebou is as 'n groot opgradering van die Dassault Mirage III deur die Atlas Vliegtuigkorporasie (later Denel Aviation) van Suid-Afrika (gestig in 1965) en is gebaseer op die Israeliese Kfir vegter. Drie verskillende weergawes is geskep: 16 tweesitplek Cheetah D, 16 enkelsitplek Cheetah E en 38 enkelsitplek Cheetah C. Die Cheetah E is in 1992 onttrek en uit diens gestel en die Cheetah C en D in April 2008, hulle is almal in Suid-Afrika vervang deur die Saab JAS 39 Gripen. 'n Beperkte aantal word nog in Suid-Afrika bedryf as toetsvliegtuie vir Denel by die Overberg toetsbaan.
Daar is heelwat oor die oorsprong van die SALM-Cheetahs gespekuleer (veral van die Cheetahs met die reeksnommers van 858 tot 862). Die oorblywende Mirage IIIEZ’s, DZ’s en D2Z’s is in onderskeidelik Cheetah E’s (1986) en Cheetah D’s omskep (die eerste Cheetah D is op 16 Julie 1986 amptelik bekendgestel). Die reeksnommers van die oorspronklike Mirage III’s is vir die Cheetah E’s en D’s hergebruik. Wanneer die reeksnommers van die tweesitplek-Cheetahs ontleed word, blyk dit dat die SALM iewers vyf ekstra lugrame gekry het. (Die oorspronklike SALM-Mirage III’s was van 800 tot 857 genommer en die reeksnommers van die tweesitplek-Cheetahs eindig by 862.) Niks van die Mirage IIICZ’s, BZ’s en RZ’s is in Cheetahs omskep nie. Net een Mirage IIIR2Z is in ’n Cheetah omskep. Die Cheetah C-straalvegters was omskeppings van lugrame wat van ander bronne verkry is en het ’n heeltemal nuwe reeks nommers gekry (341 tot 378).
Daar is nog altyd aangeneem dat die tweesitplekweergawes van die Cheetah Cheetah D’s genoem word omdat die oorblywende Mirage IIIDZ’s en D2Z’s in Cheetahs omskep is en hulle oorspronklike Mirage III-reeksnommers behou het. ’n Paar nuwe vliegtuie is egter van ’n ander bron verkry en het ’n nuwe reeks nommers (beginnende by 858) ontvang. Dit het sedertdien aan die lig gekom dat die tweesitplek-Cheetahs verskillende name het. Let ook daarop dat die enkelsitplek-Cheetahs (die C’s en E’s) op die vliegtuig deur middel van die variantnaam geïdentifiseer is maar nie die tweesitplekvariante nie.
Besonderhede van die opgradering van die Mirage III’s na Cheetahs Die Cheetah het uit SALM-personeelvereiste 15/81 van September 1981 voortgespruit, waarvolgens die Mirage III’s opgegradeer is. Vliegtuie wat vir omskepping gekies is, het die Mirage IIIDZ’s, Mirage IIID2Z’s en die Mirage IIIEZ’s ingesluit. duimnael|SALM Boeing 707 en drie Cheetahs boots lugherbunkering na. Gedurende omskepping van die Mirage IIIDZ’s en IIID2Z’s is die volgende struktuurverbeterings aangebring, naamlik nuwe vlerke, ’n nuwe neusdeel, niebewegende stertvlakke aan die buitekant van die luginlaat, ’n stelsel om brandstof in die lug aan te vul, groter interne brandstofkapasiteit, verbeterde uitskietstoele en versterking van die onderstelstelsel. Wat avionikaverbeterings betref, het die tweesitplek-Cheetahs die volgende bygekry: ’n nuwe wapenaflewering-en-navigasiestelsel, ’n nuwe wapenbeheer-en-lossing-stelsel, ’n nuwe elektroniese-oorlogvoering-/selfbeskermingstelsel, ’n stabiliteitverbeteringstelsel, ’n omgewingsverbeteringstelsel en ’n elektriesekragtoevoer-en-distribusiestelsel. Nommer 89 Gevegvliegskool is op 1 Julie 1986 vir die gebruik van die tweesitplek-Cheetahs gestig. Die omskepping van die Mirage IIID2Z’s duimnael|SALM Atlas Cheetah D2 Al agt die oorblywende Mirage IIID2Z’s is ingevolge Projek Brahman in Cheetah D2’s omskep. Die Mirage IIID2Z met die reeksnommer 845 was die eerste tweesitplek-Mirage III wat opgegradeer is en is op 16 Julie 1986 amptelik bekendgestel. Hierdie vliegtuig was ook die eerste Cheetah wat aan die SALM oorhandig is (afleweringsdatum 28 Julie 1986). Die omskeppingstydperke van hierdie vliegtuie het van 12 maande (reeksnommer 849) tot 15 maande (reeksnommer 847) gewissel. Die laaste omskepte Mirage IIID2Z is op 30 Junie 1987 aan die SALM afgelewer. Hierdie vliegtuie het as Cheetah D2’s bekend gestaan. Die Cheetah D2’s het die reeksnommers 843, 844, 845, 846, 847, 849, 852 en 853 gehad. Die Mirages met die reeksnommers 858 tot 862 duimnael|Atlas Cheetah B reeksnommer 862 Oktober 1995 by Lugmagbasis Waterkloof. Daar is heelwat gespekuleer oor die bron van die Mirages wat van 858 tot 862 genommer was. Hierdie vliegtuie was moontlik Mirage 5B’s/Israeli Nesher T’s. Al vyf hierdie vliegtuie is in Cheetah B’s omskep. Die Cheetah B’s is soos volg afgelewer:
Reeksnommer 858 is op 22 April 1987 aan Atlas afgelewer en die omskepte vliegtuig is op 23 Julie 1987 aan die SALM afgelewer. Nommer 859 is op 22 April 1987 aan Atlas afgelewer en die omskepte vliegtuig is op 17 November 1987 aan die SALM afgelewer. Nommer 860 is op 24 Julie 1987 aan Atlas afgelewer en die omskepte vliegtuig is op 12 Januarie 1988 aan die SALM afgelewer. Nommer 861 is op 24 Julie 1987 aan Atlas afgelewer en die omskepte vliegtuig is op 17 Februarie 1988 aan die SALM afgelewer. Nommer 862 is op 9 Desember 1987 aan Atlas afgelewer en die omskepte vliegtuig is op 28 Julie 1988 aan die SALM afgelewer.
Die omskepping van die Mirage IIIEZ’s duimnael|Cheetah E reeksnommer 828 op 28 September 1991 te Lanseria- lughawe. Die Mirage IIIEZ’s is ook ingevolge Projek Brahman in Cheetahs omskep. Die Mirage IIIEZ met die reeksnommer 820, is, soos in die geval van die Mirage IIID2Z met die reeksnommer 845, na Israel oorgeplaas om as prototipe vir die projek te dien. Ná omskepping in Israel is die Cheetah E met die reeksnommer 820 weer in Suid-Afrika aanmekaargesit en is op 21 April 1987 getoetsvlieg. Dieselfde struktuur- en avionikaverbeterings as dié van die Cheetah D/D2 is op die Cheetah E aangebring. Opgraderings het ’n neus soortgelyk aan dié van die Kfir C1 ingesluit. Die Cheetah E, ’n onderskepper, het die SNECMA Atar 09C as kragbron behou. Wat wapens betref, kon hierdie weergawe van die Cheetah missiele soos die Suid-Afrikaanse V3B Kukri en V3C Darter dra. Die Cheetah E het sy twee DEFA-kanonne behou en kon Merk 81-bomme (250-pondbomme), Merk 82-bomme (500-pondbomme) en trosbomme dra en ongerigte 68 mm-vuurpyle afvuur. Die gasheereenheid vir die Cheetah E was 5 Eskader. Die Cheetah E met die reeksnommer 820 is op 3 Maart 1988 aan 5 Eskader afgelewer.
Die Cheetah E wat hieronder geïllustreer word, het die reeksnommer 828. Die oorspronklike Mirage IIIEZ is op 3 November 1986 aan Atlas afgelewer en die omskepte vliegtuig is op 14 April 1988 aan die SALM afgelewer.
Die Cheetah E is van 3 Maart 1988 tot Oktober 1992 gebruik (5 Eskader is op 31 Oktober 1992 ontbind). Die oorblywende Cheetah E’s is na Lugmagbasis Pietersburg gevlieg en daar gestoor en bewaar. Tien jaar nadat die Cheetah E’s aan diens onttrek is, het Chile vyf van die bewaarde straalvegters as onderdeelbron gekoop (dit was die Cheetah E’s met die reeksnommers 819, 820, 827, 832 en 833).
Cheetah R duimnael|Cheetah R reeksnommer 855 op 19 September 1992 te Lugmagbasis Pietersburg. In die laattagtigerjare van die vorige eeu sou die oorblywende Mirage IIIRZ’s en IIIR2Z’s ingevolge Projek Bark in ’n fotoverkenningsweergawe van die Cheetah omskep word. Die Mirage R2Z met die reeksnommer 855 is as prototipe vir hierdie projek gebruik. Die SALM het egter nie hierdie weergawe in gebruik geneem nie en nommer 855 was die enigste van sy soort. Die SALM het gekies om die Cheetah C as verkenningsplatform benewens sy rol as onderskepper te gebruik. Daar is egter berig dat Cheetah R 855 in die verkenningsrol deur 2 Eskader gebruik is. Die Cheetah R is gebruik om die sogenaamde gevorderde vegvlerk (die ACW) te toets. Super Cheetah In 1994 is die Klimov SMR-95- gesamentlike onderneming tussen Rusland en Suid-Afrika van stapel gestuur om ’n nuwe vegvliegtuigenjin te ontwikkel (tegnologie van die Klimov RD-33-enjin is gebruik). Die SMR-95 is in die Cheetah D2 met die reeksnommer 847 gemonteer. geen|duimnael|Cheetah D2 reeksnommer 847 op 17 Maart 1997 met Klimov SMR-95-enjin te Waterkloof.
Cheetah C ’n Totaal van 38 Cheetah C’s is ingevolge Projek Tunny geskep. Dieselfde Atar-enjins as wat in die Mirage F1’s gebruik is, moes egter in die Cheetah C’s gemonteer word, aangesien ’n embargo op die oorspronklike Amerikaanse enjins geplaas is. Dit blyk dat Israelse Kfir C1’s/C2’s as bronne gebruik is om die Atlas Cheetah C-multimissievegvliegtuig te skep. Altesaam 38 vliegtuie met lae ure is gekies. Hulle vlerke en vinne is met nuwes vervang en dele is by hulle rompe ingevoeg. Verbeterings het ’n nuwe avionikasuite, nuwe bedrading, die voorsiening van ’n brandstofherbunkeringstoestel aan die regterkant van die romp en die ontwikkeling van ’n nuwe eenstukwindskerm ingesluit. Die SNECMA Atar 09K-50-11-enjin is in die Cheetah C gemonteer. Die eerste twee vliegtuie (reeksnommers 341 en 342) is op 13 Januarie 1993 en die laaste een (reeksnommer 378) is op 23 Junie 1995 aan die SALM afgelewer.
Basisse waar Cheetahs gehou is
Pietersburg Verskillende eenhede was by Pietersburg gebaseer. In 1992 het die tuiseenhede 89 Gevegvliegskool met sy tweesitplek-Cheetahs ingesluit.
Louis Trichardt/Makhado Lugmagbasis Louis Trichardt is op 14 Oktober 1987 amptelik geopen. Nommer 5 Eskader was van Maart 1988 tot Oktober 1992 by Louis Trichardt gebaseer. Die tweesitplek-Cheetahs van 2 Eskader-opleidingsvlug het in 1992 by Louis Trichardt aangekom. Nommer 2 Eskader (die Cheetah C’s) was vanaf Februarie 1993 by Louis Trichardt gebaseer. Lugmagbasis Louis Trichardt se naam is op 7 November 2003 na Makhado verander. Die Saab Gripen-straalvegters was bestem om die Cheetah-vloot vanaf Maart 2008 te vervang.
Die volgende eenhede het Cheetahs gebruik
Nommer 89 Gevegvliegskool Die tweesitplek-Cheetahs is aanvanklik deur 89 Gevegvliegskool gebruik, wat op 1 Julie 1986 geskep is en by Pietersburg gebaseer was (die laaste parade van 89 Gevegvliegskool is op 26 November 1992 by die basis gehou). Die eerste Atlas Cheetah D2 (reeksnommer 845) het op 26 Julie 1986 by Pietersburg geland. Die eenheid is op 29 November 1992 toegemaak, en ná die sluiting is die vliegtuie van die eenheid met ingang van 28 Februarie 1993 deur 2 Eskader-opleidingsvlug geabsorbeer.
Nommer 5 Eskader duimnael|Die 5 Eskader-wapen op 28 September 1991 op Cheetah E reeksnommer 828 Die Cheetah E’s is deur 5 Eskader gebruik (het in 1988 operasioneel geword) en was van Maart 1988 tot Oktober 1992 by Louis Trichardt gebaseer. Die eerste Cheetah E (reeksnommer 820) is op 3 Maart 1988 deur 5 Eskader ontvang en die eenheid is op 2 Oktober 1992 toegemaak.
Op 21 September 1991 is 5 Eskader se vyftigjarige bestaan met ’n funksie by Louis Trichardt gevier. Een Cheetah E is vir die geleentheid spesiaal goud geverf en het ’n groot 50 op die romp gehad (dit was die vliegtuig met die reeksnommer 831). Nommer 2 Eskader Nadat 89 Gevegvliegskool op 29 November 1992 ontbind is, is die tweesitplek-Cheetahs vanaf die einde van Februarie 1993 deur 2 Eskader-opleidingsvlug in gebruik geneem en later deur die herstigte 2 Eskader geabsorbeer. Die eerste Cheetah D (reeksnommer 841) het in November 1992 gearriveer. Die Cheetah C’s is van die begin af deur 2 Eskader gebruik. Die eerste Cheetah C het op 13 Januarie 1993 gearriveer en 2 Eskader is op 26 Februarie 1993 herstig. geen|duimnael|250x250px|Cheetah C’s wat op 4 Maart 1995 by die Sentrale Vliegskool te Langebaanweg gesien is, het hierdie 2 Eskader-wapen opgehad.
Toetsvlieg-en-ontwikkelingsentrum