Ramses II (Egipties Rīꜥa-masē-sə, "Ra is die een wat hom verwek het"; omstreeks 1303 v.C. - 1213 v.C.), algemeen bekend as Ramses die Grote, was ’n farao van Egipte. Hy was die derde heerser van die 19de Dinastie. Saam met Toetmoses III van die 18de Dinastie word hy dikwels beskou as die grootste, mees gevierde en magtigste farao van die Nuwe Ryk, wat self die magtigste tydperk van antieke Egipte was. Hy word ook wyd erken as een van antieke Egipte se suksesvolste krygsfarao's, met nie minder nie as 15 militêre veldtogte, almal oorwinnings buiten die Slag van Kadesj, wat algemeen as ’n dooiepunt beskou word.Kulkarni, P., Ji, Z., Xu, Y., Neskovic, M., & Nolan, K. (2023). Exploring Semantic Perturbations on Grover. arXiv preprint arXiv:2302.00509.

In antieke Griekse bronne word hy Osumandúas (Ὀσυμανδύας) genoem, wat afgelei is van die eerste deel van sy Egiptiese troonnaam: Usermaatre Setepenre. Ramses is ook deur latere farao’s en die Egiptiese volk as die "Groot Voorvader" beskou.

In die vroeë deel van sy bewind het hy gefokus op die bou van stede, tempels en monumente. Nadat hy die stad Pi-Ramses in die Nyldelta gestig het, het hy dit as Egipte se nuwe hoofstad aangewys en dit gebruik as die belangrikste basis vir sy veldtogte in Sirië. Ramses het verskeie militêre ekspedisies in die Levant gelei, waar hy Egiptiese beheer oor Kanaän en Fenisië herbevestig het; hy het ook verskeie veldtogte na Nubië gelei, wat almal in inskripsies gedenk is. Hy het ’n ongekende 13 of 14 Sed-feeste gevier, meer as enige ander farao.

Ramses se ouderdom met sy dood is onseker, maar 90 of 91 jaar word as die waarskynlikste beskou. Ná sy dood is hy in ’n graf (KV7) in die Vallei van die Konings begrawe. Sy liggaam is later na die Koninklike Wegsteekplek geskuif, waar dit in 1881 deur argeoloë ontdek is. Ramses se mummie word tans uitgestal in die Nasionale Museum van die Egiptiese Beskawing in Kaïro.

thumb|links|180px||Ramses II as ’n kind word deur die god Hauron omhels (Egiptiese Museum, Kaïro). Vroeë lewe Ramses II is nie as ’n prins gebore nie. Sy oupa, Ramses I, was ’n visier en militêre offisier tydens die bewind van farao Horemheb, wat Ramses I as sy opvolger aangewys het. Op daardie tydstip was Ramses II sowat 11 jaar oud.Darnell, J. C., & Manassa, C. (2007). Tutankhamun's Armies: Battle and Conquest During Ancient Egypt's Late Eighteenth Dynasty. John Wiley & Sons.

Ná Ramses I se dood het sy seun Seti I koning geword. Hy het sý seun, Ramses II, op sowat 14 jaar as kroonprins aangewys.

Lengte van sy bewind Ramses II se troonbestyging is opgeteken as III Sjemoe (Seisoen van die Oes) dag 27, wat volgens die meeste Egiptoloë 31 Mei 1279 v.C. was.

Die Joodse historikus Josephus het in sy boek Contra Apionem, wat materiaal uit Manetho se Aegyptiaca insluit, aan Ramses II ’n bewind van 66 jaar en 2 maande toegeskryf.Josephus © 2011–2023 by Peter Lundström—Some Rights Reserved—V. 4.0. Dit word bevestig deur die kalender van Papirus Goerob fragment L, waar Jaar 67, I Achet (Seisoen van die Oorstroming) dag 18 van Ramses II onmiddellik gevolg word deur Jaar 1, II Achet dag 19 van Merneptah (Ramses II se seun), wat beteken dat Ramses II ongeveer 2 maande ná die begin van sy 67ste regeringsjaar gesterf het.A. H. Gardiner, Ramesside Administrative Documents, (Oxford, 1948), 30, 10, en 14.

In 1994 het A.J. Peden voorgestel Ramses II het tussen II Achet dag 3 en II Achet dag 13 gesterf, gebaseer op die Thebaanse graffiti 854+855, wat ooreenstem met Merneptah se Jaar 1, II Achet dag 2.A.J. Peden, A Note on the Accession Date of Merenptah, p. 69. Die werkersdorpie Deir el-Medina bevat ’n fragment van ’n nekropolisjoernaal uit die middel van die 20ste Dinastie (P. Turin prov. nr. 8538 recto I, 5; ongepubliseer), wat aandui dat II Achet dag 6 ’n vrye feesdag was vir die "Seilvaart van UsimaRe-Setepenre" (vir Ramses II).R. J. Demarée, Announcement of the Passing of Ramesses II, JEOL 46 (2016), p. 125.

Die datum van Ramses II se opgetekende sterfte op II Achet dag 6 val presies binne A.J. Peden se geraamde tydlyn vir die koning se dood tussen II Achet dag 3 en II Achet dag 13. Dit beteken Ramses II is op Jaar 67, II Achet dag 6 van sy bewind oorlede, ná ’n regeringstydperk van 66 jaar, 2 maande en 9 dae.

Militêre veldtogte thumb|180px|links|’n Kopbeeld van Ramses II by Aboe Simbel.

Vroeg in sy lewe het Ramses II talle veldtogte onderneem om voorheen beheerde gebiede wat aan die Nubiërs en Hetiete verloor is, terug te kry en om Egipte se grense te beveilig. Hy was ook verantwoordelik vir die onderdrukking van sommige Nubiese opstande en het ’n veldtog in Libië gevoer. Hoewel die Slag van Kadesj dikwels die akademiese siening van Ramses II se militêre bekwaamheid en mag oorheers, het hy nietemin verskeie oorwinnings oor Egipte se vyande behaal. Daar word beraam dat die Egiptiese leër gedurende sy bewind ongeveer 100 000 man getel het – ’n formidabele mag, wat hy gebruik het om Egiptiese invloed te versterk.

Stryd teen die Sjardana-seerowers In sy tweede regeringsjaar het Ramses II die Sjardana-seerowers beslissend verslaan. Dié rowers het verwoesting aan Egipte se Middellandse See-kus gesaai deur handelskepe aan te val wat die seeweë na Egipte gebruik het. Die Sjardanavolk het waarskynlik van die kus van Ionië, suidwes-Anatolië, of moontlik van die eiland Sardinië gekom.Reeds in die 1840's het Egiptoloë gedebatteer oor die identiteit van die "noorderlinge uit alle lande" wat die Libiese koning Meryre gehelp het in sy aanval teen Merneptah. Sommige geleerdes het geglo dat Meryre se bondgenote net sy bure aan die Libiese kus was, terwyl ander hulle geïdentifiseer het as Indo-Europeërs van noord van die Kaukasus. Dit was Emmanuel de Rougé, een van Maspero se vernaamste voorgangers, wat voorgestel het dat die name die lande van die noordelike Middellandse See weerspieël: die Loekka, Ekwesj, Toersja, Sjekelesj en Sjardana was manne van Lidië, Achaia, Tirsenië (Wes-Italië), Sisilië en Sardinië. De Rougé en ander het Meryre se bondgenote beskou as huursoldate, aangesien die Sardiniërs reeds in die vroeë jare van Ramses die Grote as huursoldate gedien het.

Ramses het troepe en skepe op strategiese punte langs die kus geplaas en geduldig gewag totdat die rowers aanval. Hy het hulle toe verras in ’n seegeveg en almal in ’n enkele aksie gevange geneem. ’n Stele van Tanis meld dat hulle "in hulle oorlogskepe uit die middel van die see gekom het, en niemand was in staat om hulle te keer nie".

Daar was waarskynlik ’n seegeveg naby die monding van die Nyl, aangesien baie Sjardane kort daarna in die farao se lyfwag gesien is. Hulle het uitgestaan met hulle horinghelms wat ’n bal in die middel gehad het, hulle ronde skilde en die groot Bronstydperk-swaarde waarmee hulle uitgebeeld is in inskripsies oor die Slag van Kadesj.

In dié seegeveg het die farao, saam met die Sjardane, ook die Loekka (moontlik later bekend as die Lisiërs) en die Šqrsšw (Sjekelesj) verslaan.

Siriese veldtogte Eerste Siriese veldtog thumb|200px|'n Reliëf van Ramses II van Memfis wat hom wys waar hy vyande gevange neem: ’n Nubiër, Libiër en Siriër, omstreeks 1250 v.C. (Kaïromuseum).

Die onmiddellike voorgeskiedenis van die Slag van Kadesj was die vroeë veldtogte van Ramses II in Kanaän. Sy eerste veldtog het waarskynlik in die vierde jaar van sy bewind plaasgevind en is gedenk deur die oprigting van wat later die eerste van die gedenksteles geword het van Nahr el-Kalb, naby die huidige Beiroet. Die inskripsie is byna heeltemal onleesbaar weens verwering.

In die vierde jaar van sy bewind het hy die Hetitiese vasalstaat Amoerroe tydens sy veldtog in Sirië verower.

Tweede Siriese veldtog Die Slag van Kadesj in sy vyfde regeringsjaar was die hoogtepunt van ’n veldtog wat Ramses in Sirië gevoer het teen die herrese Hetitiese magte van Moewatalli II. Die farao wou ’n oorwinning by Kadesj behaal, beide om Egipte se grense in Sirië uit te brei en om sy vader, Seti I, se triomfantelike toetrede tot die stad ’n dekade vroeër te herhaal.

Hy het ook sy nuwe hoofstad, Pi-Ramses, gebou. Daar het hy fabrieke opgerig om wapens, strydwaens en skilde te vervaardig, en na bewering is tot 1 000 wapens in ’n week, sowat 250 strydwaens in twee weke en 1 000 skilde in ’n week en ’n half gemaak. Ná dié voorbereidings het Ramses opgeruk om gebiede in die Levant aan te val, wat behoort het aan ’n veel groter vyand as enige wat hom voorheen in oorlog in die gesig gestaar het: die Hetitiese Ryk.

Nadat hy presies ’n maand lank deur Kanaän gevorder het, het Ramses volgens Egiptiese bronne op 1 Mei 1274 v.C. by Kadesj aangekom.Die datum is Gregoriaans, gelykstaande aan 12 Mei in die Juliaanse kalender. Hier is Ramses se troepe in ’n Hetitiese hinderlaag gelei en aanvanklik deur die vyand oorweldig. Hulle strydwaens het deur die tweede afdeling van Ramses se magte gebreek en sy kamp aangeval. Met versterkings van ander Egiptiese afdelings wat op die slagveld aangekom het, het die Egiptenare ’n teenaanval geloods en die Hetiete het op die vlug geslaan. Die oorlewende Hetiete het hulle strydwaens agtergelaat en deur die Orontesrivier geswem om die veiligheid van die stadsmure te bereik.Bryce, Trevor, The Kingdom of the Hittites, Oxford University Press, nuwe uitgawe 2005, , p. 233.

Hoewel Ramses homself as die oorwinnaar verklaar het – en dit was tegnies waar in terme van die spesifieke slag ­– word algemeen aanvaar dat die Hetiete uiteindelik die oorwinnaars van die algehele veldtog was. Dit is omdat die Egiptenare ná die geveg moes onttrek en die Hetitiese magte tydelik Egiptiese besittings in die streek van Damaskus binnegeval en beset het.

Derde Siriese veldtog Egipte se invloedsfeer was nou beperk tot Kanaän, terwyl Sirië in Hetitiese hande geval het. Kanaänitiese prinse, klaarblyklik aangemoedig deur Egipte se onvermoë om hulle gesag af te dwing en aangehits deur die Hetiete, het in opstand begin kom teen Egipte. Ramses II was nie bereid om dit te aanvaar nie en het voorberei om die Hetitiese opmars met nuwe militêre veldtogte teen te staan. Omdat dié veldtogte op sy monumente aangeteken is met min aanduidings van presiese datums of regeringsjare, is die presiese chronologie van die daaropvolgende veldtogte nie duidelik nie.Obsomer 2012: 188, binne ’n gedetailleerde bespreking op bl. 173–192.

Laat in die sewende jaar van sy bewind (April/Mei 1272 v.C.Obsomer 2012: 530.) het Ramses II weer na Sirië teruggekeer. Dié keer was hy suksesvoller teen sy Hetitiese vyande. Tydens die veldtog het hy sy leër in twee magte verdeel. Een mag is gelei deur sy seun, Amoen-her-chepesjef, en het krygers agtervolg tot by die Dooie See, waar hulle Edom-Seïr verower het. Daarna het hulle Moab ingeneem.

Die ander mag, gelei deur Ramses self, het Jerusalem en Jerigo aangeval. Daarna het hy ook Moab binnegegaan en weer by sy seun aangesluit. Die herenigde leër het toe teen Hesbon, Damaskus en verder tot by Koemidi opgeruk, en uiteindelik die gebied om Damaskus terugverower. Dit het Egipte se voormalige invloedsfeer herstel.Kitchen 1982: 67. Obsomer 2012: 189–190 betwyfel die datering van die Moabitiese veldtog tot Jaar 7-8, soos voorgestel deur Kitchen, op grond daarvan dat Amoen-her-chepesjef moontlik te jonk was om so ’n onafhanklike rol te vervul.

Latere Siriese veldtogte thumb|links|320px|Ramses II bestorm die Hetitiese fort Dapoer.

Ramses het sy militêre suksesse in sy agtste en negende jaar uitgebrei. Hy het die Hondrivier (Nahr al-Kalb) oorgesteek en noordwaarts in Amoerroe opgeruk. Sy leërs het so ver noord as Dapoer gevorder, waar hy ’n standbeeld van homself laat oprig het. Die Egiptiese farao het hom dus bevind in die noorde van Amoerroe, ver anderkant Kadesj, in Toenip, waar geen Egiptiese soldaat sedert die tyd van Toetmoses III, byna 120 jaar tevore, gesien is nie. Hy het Dapoer beleër voordat hy dit ingeneem en na Egipte teruggekeer het.Kitchen 1982: 68–70. Teen November 1272 v.C. was Ramses terug in Egipte, by Heliopolis.