Amenhotep II (ook soms gelees as Amenophis, "Amoen is Tevrede") was die sewende farao van Antieke Egipte se 5de Dinastie. Hy het ’n groot koninkryk van sy pa, Toetmoses III, geërf en het dit behou deur middel van ’n paar militêre veldtogte in Sirië. Hy het egter minder as sy pa oorlog gemaak en gedurende sy bewind is die vyandelikheid gestaak tussen Egipte en Mitanni, die twee groot moondhede wat meegeding het om mag in Sirië. Hy het van 1427 tot 1401 v.C. regeer.
Familie duimnael|links|Die jong Amenhotep II met die kop van ’n sfinks (Louvre). Amenhotep II was die seun van Toetmoses III, maar nie die oudste nie.Eric Cline & David O'Connor, Thutmose III: A New Biography, University of Michigan Press, Ann Arbor, 2006. p.415 Sy pa se eerste vrou en hul seun is egter tussen sy 24ste en 35ste bewindsjaar oorlede, en die koning is daarna weer getroud.Cline & O'Connor, p.415 Amenhotep was hul seun.
Amenhotep het in Memphis in die noorde grootgeword in plaas van Thebe, die tradisionele hoofstad.Gardiner, Alan. Egypt of the Pharaohs. p. 198. Oxford University Press, 1964. Voordat hy op 18Urk. IV. 1279.8-10 farao geword het, was hy en sy pa vermoedelik meer as twee jaar lank medeheersers.Charles C. Van Siclen. "Amenhotep II," The Oxford Encyclopedia of Ancient Egypt. Red. Donald Redford. Vol. 1, p.71. Oxford University Press, 2001.
Bewind Die koning was bekend vir sy fisieke krag en het glo op sy eie sewe prinse by Kadesj doodgemaak tydens ’n Siriese veldtog, wat hy gewen het.Grimal, A History of Ancient Egypt, p.218
In sy sewende bewindsjaar was daar ’n groot rebellie in Sirië en hy het sy leër na die Levant gestuur om dit te onderdruk. Daar is geen aanduidings van ’n groot oorwinning nie en daar word geglo hy het net klein eenhede na Sirië gestuur om die bewoners trou aan hom te laat sweer (beloftes wat gou ná sy vertrek weer verbreek is),Redford, Donald B. Egypt, Canaan, and Israel in Ancient Times. p. 163. Princeton University Press, Princeton NJ, 1992. of hy het die veldtog verloor.Peter Der Manuelian, Studies in the Reign of Amenophis II, p.62. Hildesheimer Ägyptologische Beiträge 26, Gerstenbeg Verlag, Hildesheim, 1987.
Albei kere is onluste aangewakker deur die koning van die vyandelike Mitanni. Die opkoms van die Hetiete het Mitanni egter moontlik aangespoor om ’n bondgenoot te soek en die een of ander verdrag is met Egipte gesluit.Redford, Donald B. Egypt, Canaan, and Israel in Ancient Times. p. 164. Princeton University Press, Princeton NJ, 1992. Hierna het Amenhotep op binnelandse sake en Egiptiese welvaart gekonsentreer, buiten een veldtog in Nubië wat hy blykbaar gewen het.Peter Der Manuelian, Studies in the Reign of Amenophis II, p.92. Hildesheimer Ägyptologische Beiträge 26, Gerstenbeg Verlag, Hildesheim, 1987.
Bouprojekte thumb|180px|Amenhotep II by die Tempel van Amada, Nassermeer, Egipte. Omdat Toetmoses III soveel energie bestee het om Karnak uit te brei, was Amenhotep se bouprojekte grootliks daarop gekonsentreer om kleiner tempels dwarsoor Egipte te vergroot. Uit ’n inskripsie word sy pa se "opsigter van bouprojekte", Minmose, genoem as die opsigter van nog tempels in die delta. Hoewel Amenhotep nie soveel aandag aan Karnak geskenk het as sy pa nie, het hy dit nie heeltemal verwaarloos nie. Hy het opdrag gegee vir ’n kolom in die binnehof tussen die vierde en vyfde spanmas wat die ontvangs van heffings van Mitanni gedenk.
In Nubië het Amenhotep by Qasr Ibrim en Semna gebou, en opdrag gegee vir die versiering van die tempel by Kalabsha. Sy beroemdste Nubiese tempel was egter by Amada.Gardiner, p.199 Toetmoses III het met die bou van ’n tempel daar begin wat tegnies aan Horus gewy was, hoewel die teenwoordigheid van Ra-Harachti en Amoen-Ra maklik gesien kan word. Amenhotep het dit voltooi en het die rekord van sy drie veldtogte op ’n stele in die tempel aangebring wat tot in 1942 die bron was van die meeste inligting oor sy oorloë.Gardiner, Alan. Egypt of the Pharaohs. p. 200. Oxford University Press, 1964.
Verwysings
Bronne Nicolas Grimal, A History of Ancient Egypt, Blackwell Books: 1992 Reisinger, Magnus, Entwicklung der ägyptischen Königsplastik in der frühen und hohen 18. Dynastie, Agnus-Verlag, Münster 2005, Peter der Manuelian, Studies in the Reign of Amenophis II, Hildesheimer Ägyptologische Beiträge(HÄB) Verlag: 1987
Eksterne skakels Amenhotep II – Archaeowiki.org Panorama van die grafkelder van Amenhotep II
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Farao's van Egipte Kategorie:Sterftes in 1401 v.C.