Zweledinga Pallo Jordan (gebore op 22 Mei 1942 te Kroonstad) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (1994–2009). Hy was 'n lid van die African National Congress se Nasionale Uitvoerende Komitee. Hy het as die minister van kuns en kultuur (2004–2009), minister van omgewingsake (1996–1999), en die minister van pos, telekommunikasie en uitsaaiwese (1994–1996) gedien.

Volgens sy CV het hy aan die Universiteit van Wisconsin-Madison in die Verenigde State van Amerika en die London School of Economics studeer. Sy amptelike biografie beweer dat hy 'n PhD ontvang het, maar 'n koerantondersoek het in Augustus 2014 aan die lig gebring dat hy oor geen tersiêre kwalifikasies hoegenaamd beskik nie.Gedokter Pallo Jordan, PRAAG, 3 Augustus 2014 Hy het hierna oneervol bedank uit die ANC en aktiewe politiek, en die ANC en die breë publiek om verskoning gevra vir sy misstap.

Hy was by verskeie naamveranderings (of pogings daartoe) betrokke, onder andere die omstrede Pretoria-Tshwanenaamverandering. In Junie 2006 is aangekondig dat hy Lydenburg se naam na Mashishing verander het. Die naam het egter nie behoorlik posgevat nie en padkaarte en besighede (soos die "Lydenburg Museum") gebruik steeds die ou naam.

Verwysings

Eksterne skakels Sy biografie op info.gov.za

Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van kuns en kultuur Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van pos en telekommunikasie Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van toerisme en omgewingsake Kategorie:Geboortes in 1942 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Xhosas Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van kommunikasie Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika