Die Gannagapas is 'n bergpas tussen Middelpos en die oostelike ingang tot die Tankwa Karoo Nasionale Park. Die pas was een van drie trekroetes van die blanke pionierboere oor die Roggeveldberge. Hierdie wapad word vir die eerste maal in 1778 vermeld, maar is na verbeterings deur Thomas Bain in 1895 baie meer gebruik. Unieke plantspesies kom in die gebied van die pas voor, naamlik Babiana virginea, Strumaria pubescens en die botterboom (Tylecodon paniculatus).
Aan die bopunt van die pas is 'n hotel, en aan die onderpunt is die Elandsberg, waar die parkeraad se Elandsberg-wilderniskamp en Skaapwagterspos-kampeerterrein geleë is.
Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika
Bibliografie SANParks Times, Maart 2016
Eksterne skakels Inligting op mountainpassessouthafrica.co.za
Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Noord-Kaap Kategorie:Wes-Kaap